Eddie en die Vodka
My boetie Martin se as ‘n man eers wit spiritus drink dan is hy in sy moer. So bel Eddie my en oortuig my om vir hom ‘n sonkragstelsel op sy plaas naby die see te gaan installeer. Ek gaan na sy glas paleis wat omtrent 180 grade oor die Strand uitkyk. Hy vra my […]
Passieblomgedig- Silwer
Lunar Trifecta Ons is nou in die verliefraakstaduim as ons mekaar sien is daar ‘n onrustige ronddraai in die kasse van ons oë en trek ons wit skene bloedrooi Dus wil ek met veelkleurige blomkwassies haar skilder in sierlike geheel waar sy op ‘n grasgroen blommeperk sit voor populiere helder geel maar sy vermy die […]
Huistoe
‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg aronskelke blom nie meer hier nie die blou lug hang in dik wit wolke aan die hemelruim se wange ek kyk oor die vallei Hadida’s steel die stiltes mense kom en gaan woelig party bly te lank ander slaap net oor en soms sterf iemand hier […]
Flentervrou
Sy sit op die sypaadjie voor Pick & Pay haar skoene flenters haar klere maande laas gewas sy vra vir brood toe ek verbystap haar oë is leeg en ek wonder hoe leef mens só met niks in die afwesigheid van alles tussen dorpsvoëltjies en ander legends op ‘n plek waar niemand jou raaksien nie. […]
Wroeging van ‘n talentverlate skrywer (Goud)
ink my met jou kodevog hier midde-in jou aftog dat ek in die jare van my wegbly in jou voorhuis kan vertoef spykerhang gemuur teen die afguns van my drifte sal ek paletgeskryf en raambevang jou lende kom bedroef wens jou verhale aan my toe in tikmasjien traktate as jy in die laatlig van die […]
Veranderings’bestuur
Wanneer verandering plaasvind is dit soms nie maklik om jou gemakskoene uit te trek nie. Dit is onafwendbaar, in elkeen se lewe vind dit van tyd tot tyd plaas. Om die waarheid te sê, enige konstante ding in die lewe is blootgestel aan verandering. Verandering speel rond met jou emosies, sommige mense hanteer dit makliker […]
Ek en die internet. (Brons)
Woortelling: 350 woorde “Oupa Gert! Johannes gaan staan groot-oog, uitasem binne die deuropening. “Wat was dit?” Oupa plaas sy koppie hard langs die skootrekenaar neer en vryf vies die groter wordende nat koffiekol op sy hemp. “Kom Oupa!” “Ja, ja. Ek kom Johannes. My bene is nie meer so jonk nie.” Johannes staan nader, neem […]
Hoop vir vandag
As die son sy voelers uitsteek en die nag se koue met ‘n warm hand wegsteek, vul ‘n warmte my gemoed, my Skepper het my nog ‘n dag behoed. As ek my oë oopmaak en goue strale my sig aanraak, vorm daar ‘n skitter blink traan met die wete, Hy weet van my bestaan. As […]
geveerde woorde Silwer
ek stuur vir jou n briefie op ‘n stukkie engelvlerk geskryf, voor my agterdeur vanmore die veer van ‘n spierwit duif, ek weet dit was ‘n engel want in die spierwit dou – die woorde, ek is lief vir jou ek stuur vir jou ‘n briefie op daardie spierwit veer en hoop dat dit sal […]