Trane vir my Troebadoer (Silwer)
Die strate is stil sonder jou êrens op ‘n bankie in ‘n park sit ‘n klein tortelduif alleen sy jammerkoer eggo teen beton eensame kantoormure waarvan glasdeure geslot en geketting is spookpersoneel spartel om kop bo water te hou vasgevang in ‘n ekonomiese virusvuis wat alles wil versmoor ook vir jou jou stem is stil […]
God se stem
(goud) Ek is nie die applikant in die skrywe nie ook nie die regter nie maar as ek so om my kyk sien ek ‘n toekomslose môre een vol dongas en dae sonder name een soos vandag wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem net vir ‘n uur kon leen om alles om […]
Ontsnapping
(goud) Ek lê in my armbuurt saam met ryk mense en ek hoor hoe baldadig hulle in oorvloed lag en rondval dronk gesuip aan hul eie ego’s al wat ek wil doen is op die rug van ‘n wilde perd spring ‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke en hierdie plek van lyding agter my […]
Liesbet ontsnap
(1038 Woorde) Ek’s nie seker of ek geslaap het of wat nie. Ek het net bewus geword. Ek het bewus geword van die styfheid in my hele lyf. Asof ek gister gehardloop het en daar te veel van my spiere verwag was. Ek het my oë oopgemaak, maar alles was steeds stikdonker. Nie donker soos […]
Vals Sukses
deur geslagte slapelose rond rol nagte vroeë oggend afsprake ontwikkel jy masjiene wat note druk. ek weer het nie ń bloudruk vir geld maak korttermyn stukkies handewerk langtermyn oorlewing onbekend altyd op ń straathoek deurdie wind. sy vervangbare luukse goed nooit self opgepas my min goed met alles wat ek het, albei take ewe onbevredigend.
Vryval
hoe vry is vertes in die niet en al die sterre wat verskiet, in hierdie huisgebonde ankertog van tyd? hoe vry is wolke wat kan sweef tussen winde wat herleef, wie vir wagtings by ‘n bliksemstraal moet pleit? hoe vry dan is ‘n vloeivallei langs die hange van ‘n berg, teen die onmeetbare kontoere van […]
Vryheid en Pixie Sprinkels
(Stergradering : Silwer. Woordtal : 2440) Gaan die Amerikaners ooit voel dat hulle nie meer ʼn “knie op die keel” het nie? Moontlik nie. Gaan ons eie 16-Junie-Vryheidsdag-opstandiges se nageslag ooit werklike vryheid beleef? Heel waarskynlik nie. Want, jy kan nie vryheid beleef totdat jy nie besef dat vryheid ʼn lewensingesteldheid is nie, en die […]
Om vry te wees – soos berge
(goud) Die bolande se berge lê uitgestrek voor my; die kranse en die klowe paradeer millennia se verhale by my hunkeroë verby. Hoe vry moet dit nie wees nie om vir ewig so te lê nie (terwyl fynbos teen jou hange groei, wingerd aan jou voete bloei) en die hele wye hemel as jou ope […]
onder sterre
sondermaanse lug vergroot elke ster se lig donker lugruim verdig in mis hoeveel sterre is daar vanaand wie sal weet – miskien daar hoog waar ruimtetuie vlieg kan jy tel wat verwonderd afkyk op ons wat hier op die stoepie sit met komberse om ons om die koue te wen wanneer lug verdwyn sal sterre […]