Kroniese Siklus
lewe slaan, aanhoudend hard in spel of werk dat die nerwe spat. lewe staan, ń onverwagse kroniese aanval meestal lui of slaap in die virus geval. traan damme staan van 1918 tot nou vol oorlewendes in rou gevang. vingerwys hof skinder oorsaak bespiegel oorlewing in spoeg en ink berig. verskirkte menige honger getronk sterwe elke […]
Ligteling
(goud) Ligteling Sal daar ooit weer só ’n tyd wees soos toe ek kind was – vry van klae en kommer, geen kennis van die wee; al wat ek onthou is die pad na sonnestrande en die duisende dae by die see. Hoe warm was die strale teen my lyf, hoe gewigloos kon fotone hul heelalslig […]
Lewens Selle
selle lewe styf vol na aanmekaar gepak in elke jong verliefde lyf. selle val oor tyd se waterval verdwyn in die stroom en laat die middeljare lyf swakker met tyd. selle dans stadiger langarm in ń verkrimpelde sak die najaar lyfkleppe lek al ń bietjie. selle verlaat die lewenssak sand deur ń sif om saam […]
Goodbye Blues
Met ‘n lem of ‘n kapsule word ‘n asem verewig gestoor onder die getuienes van die sterre. Die bloedjonges by die huis wonder elke sekonde waar hul mammie is wat stories vertel en soentjies blaas. Niemand kan verduidelik dat sy die ewige se langvingers geroep het met ‘n soekende stem nie. Geen meer ‘ek’s lief […]
Uitkomste
Ons strewe ego gedrewe na doelwitte uitgespel op groot advertensie borde. Uitkomste word gemeet in werks ure, projekte voltooi jare gestreef, status verwerf en alles verweef in geld. die gewig van eie kennis gesamentlike heil word lig geskat in diè gemeenskap se inkomste staat.
openbaring
toe die lig oopbreek oor my duin vanoggend staan die muur van nuwe koue front op uit die weste dit voorspel dae lange koue ook dalk sneeu oor die berge so sien my gees soms werklike gebeure oopgaan in ons toekoms hoewel ek geen siener wil wees vertel sterre en die hemelruim sy storie aan […]
Wie die kranksinnigheid onthou
Soms ry die perd en soms ry jy op die stoep waar die duiwe kyk en die kaalvlaktes hulleself nie aan jou steur; Onder die grond is die oubeen rock en rol die hippie jol die riem trek triek die vrees van nooit ophou na woorde soek. ©Morné du Preez #grafika van web afgelaai
Intermezzo in die huis van donkerte III (silwer)
Die Kraaibek man was sy vryheid kwyt die buidel het hom uitgesmyt sonder spys of drank ruik hy nou na sy eie stank Die kraaibek koor moes agter maskers mor daar is skorriemorries in hul koor en voor Ditt weer kon toor was daar reeds ‘n nuwe koor! Gedories sou oral gons hul trekgoed is […]
Kwart oor somer
Haar yskas en stoof het sy oranje gekleur, die kombuis se mure – bottergeel en room; smôrens die gordyne wyd oopgetrek en sonnestrale deur ruite laat stroom. Hoe lig kan die dae wees, het sy gedink terwyl sy bloeisels rangskik en vonkelsap drink. Buite in haar tuin was vlinders aan’t vlinder oor blare en groeisels […]
fibrileer
komende van ‘n bittereinder uit die verre soutpansberg kan mens se hart bewe so kan jou lyf fibrileer van kaapse dokter veral as hy net ghaaps praat reg deur jou praat hy met jou so asof hy verstaan waar jou wortels lê jou teister en terg as jy probeer om warm te wees ©Teárlach