Saphira en die Toorlied
Die swart-en-bruin Feetjie Hond haal diep asem soos sy die koel woud binne tree. Dit het ‘n daaglikse oefening geword om woud toe te kom. As die lus eers vir Eolande beetkry, moet Saphira maar gaan jag. Nie dat sy omgee nie. Haar beskermling is swanger en het ‘n gesonde aptyt. As sy moet wag […]
Voor die donker kom
Hellingstraat se mense kyk oor heinings en die duiwe op die skool se dak – (verby lamppale en telefoondrade) na waar die son in die verte sak. Skemeraand se tarentale is vir oulaas nog aan’t wei, alsó tripp’lend met die lou pad langs – nege voëls – in ‘n skuins, gebroke ry. Teen die bult, […]
Saphira in die Donker Woud
Die stilte van die woud omvou die swart-en-bruin Feetjie Hond. Die baie geraas wat die Feë en mense in Kasteel Campbell maak gaan haar nog mal dryf. Sy kan die mos en varings ruik onder die dennenaalde wat soos fyn reën van die hoë bome af sif. Sy weet dit beteken dat die wind hoog […]
Saphira en die Getoorde Skêre
Saphira loop deur die woelige kasteelmuur. Die grond is goed platgetrap en geen gras kan meer daar gesien word nie. Net die klippaadjie wat van die kasteel na die biblioteek lei breek die bruin eentonigheid. Houtstalle is opgerig vir die perde wat saam met die krygers ingetrek het. Saphira kan die soet strooi ruik. Net […]
EGGOS IN DIE VALLEI
Die son se wakker word uitstrek oefeninge trek met bewerige vingers oor die mos teen die Suider hange van die kranse en stuur ‘n rugsakkie hittegolwe op die abba rug van die dag waar dit onder die nag se wolkombers uitrol Ek wag totdat die mis op die nag se oumens neusbrug lees lense onder […]
Saphira en die Toevallige Liefde
Dis ‘n pragtige herfs oggend. Die heide is oortrek met huidestruike wat vol in blom is. Selfs wit en pienk blomme kan tussen die oorweldigende pers gesien word. Dis Saphira se gunsteling deel van die jaar in die berglande. Alles ruik na huideblomme soos dit gebruik word om alledaagse dinge soos besems te maak en […]
Saphira se Nagmerrie
Saphira maak haar oë oop. Alles om haar is in grys-blou lig. Die maan flikker agter grys-pers wolke wat vinnig verby dit beweeg. Die Feëtjie Hond ril. Voor haar is ‘n grys steenpoort tussen donker grys klipmure waarop rankplante met grys-groen blare groei. Agter en langs Saphira is alles net swart niks. Sy asem diep […]
Voëls in die lug
Die voëls in die lug roep uit: Hoe groot is God! Van elke voël se val is Hy bewus. Hy sorg vir elkeen, Klein en groot. Die arend -doelgerig. Met skerpe oog sien hy Sy prooi. Hy sweef So rustig voort. Met hoë spoed vind valk Genoeg vir elke dag. Tevrede met die dag se […]
Die Padda Koor
Hier in ons tuintjie waar grassies so welig groei, kom stortreen so van tyd tot tyd , hoe wonderlik is dit nie, om die water so te sien vloei, en water wat opdam in elke sloot en duik Maar skielik na ‘n paar uur se val van reen, en die donker begin op ons neersak […]
By gebrek aan water
O, Here, stuur vir ons die reën ons aarde, sy is droog sy ly gebrek aan water haar fontein is bar van oog haar rivier, die wil nie vloei nie haar dam loop haas al leeg haar vlei het skaars ‘n druppel oor hoe sal ‘n boklam dan tog teug * die Karoo het darem […]