Vader en die Karoo
Soms, baie, mis ek die stad, dan voel dit net of ek die pad kan vat. Maar dan is dit die skoonheid van die Karoo, wat my hier hou, wat my net weer laat glo. Aan Vader se pragtige hande werk, dan weet ek Hy kan soveel meer doen, ook prag bring in elkeen se […]
DONDERDAG, 4: Wildsbokke
Wat is oorsaak en wat gevolg? Wie het as eerste verskyn, die hoender of die eier? Lank kan mens stry oor wat as eerste verskyn het. Ék in my beskeidenheid meen dat die natuur éintlik as eerste op die toneel verskyn het. Maar ander mense kan die werklikheid anders sien. Mos. Nè? Of hoe? Wanneer […]
Die son sak in Brackenfell
waar eens die velde vol groen varings was oor die oneindige heuwels en vlak slinger Keurboomstraat nou teen stilstaan pas om huise van steen waar die son oor sak en die hemel kleur tot blou saffiere ieder boom se kroon word ‘n groen smarag pienk rose pienk tot in die laatste ure vuur, vlam en […]
Saphira en die Dwerge in haar Berge
Saphira loop buite die kasteel rond bo-op die berg waarin deel van die kasteel geleë is. Die swart-en-bruin Feëtjie Hond het gehoop dat die vars lug haar beter sou laat voel. Maar dit help nie. Haar kop klop – Feëtjies kry nie sommer hoofpyn nie. Feëtjie Honde kry nooit hoofpyn nie. Maar dan, om deel […]
Sneeuverslag (Julie 2016)
Nog ‘n vlokkie val op Erfdeel* bo die Hexriviervallei. Oor Matroosberg daal ‘n stille vrede neer. En kranse lê in wit gewaad – bo De Doorns – langs vaalbruin wingerde verby. Witsieshoek se liggies glim in ‘n Vrystaatnag vol skemer. By Clarens beeld ‘n doringboom in ys. En Ficksburg hou sy asem op . . […]
Sommer só ~ liefde
Wat sal ‘n mens van die liefde sê – so ongevraag kom dit somtyds oor jou pad. Só sonder dat jy daarna soek. En weet jy wat? Ek het jou lief gekry, half onwillig en so effens teen my sin. Daar was net iets aan jou íéts aan jou manier van wéés wat dit maklik […]
Oggendgedig (Marakele* ~ 10 Julie 2016)
Kom sit vir ‘n oomblik hier langs my dan kyk ons na die veld en gras wat groei tussen groen doringbome hul stamme nog in donker gekwas. Die skemer is aan die verby gaan dis die sterwensuur van die nag sy vaarwelsgeskenk, ‘n ontwaking ~ die geboorte van ‘n heel nuwe dag waarin wild’seringbome se […]