Ware Liefde? (Silwer)
jy was kil en krities sy was sag en mooi jy’t my in jou sneeuseisoen verloor en sy’t my in haar lentewind voltooi ragfyn was haar hare sag haar oophand sonskynlyf haar vrede het my lokkend in haar mirreboesem ingedryf vloeiend was haar vingers oor die deinings van my vlees haar lipsag diepe liefde was […]
HEIL DIE LESER (goud)
Ek bewonder mense soos jy wat met oordeel lees asof jy dit self kon skryf jý wat daar sit met jou halfleë mond vol verlossings letters en afgeronde text asof jy weet hoe dit voel om benoud wakker te raak met woorde wat jou aanval * in die stort in die middel van die nag […]
My veilige vesting (Himne) (BRONS)
In die skuilte van die Allerhoogste vind ek my vreugde en rus vlei my neer in Sy groen velde en versadig my aan Sy genade. Soos ‘n ribbok klim ek berge selfs oor skeure en hoogtes en wanneer ek deur vuur gaan lei Hy my ongeskonde. Hy hou my voete op die regte pad vermaan […]
Knapsekêrel
jy klou vanaand weer knap aan my onthou laat ver ver drome tollend swymel-swaai om doelgerig weg te vind na diep geheimenis wat jare lank al gebalsem lê met gloor wat geil gloed oor die psige van my lewe word weereens net gespan vir krapperige vurkpyltjies wat plaend anker aan elke roof kom hang gun […]
Die ware boodskap agter Kersfees
“Juffrou … Juffrou!” klein Petro steek opgewonde haar handjie in die lug. “Ja, Petro-lief?” teer raak Santie aan die blonde krulkoppie wat met soveel vertroulike opgewondenheid na haar opkyk. “Ons gaan Kersfees ‘n nuwe bababoetie kry!” kondig sy met kinderlike trots aan. “Hoe weet jy dit?” vra Petrus nuuskierig. “Gaan julle hom Jesus noem?” vra […]
Kersfeesliggies (Silwer)
Kersfeesliggies die foto’s wat ek uitpak verbreed die soet rand van my hart herinnerings se repertoire, feestelik soos kersfeesliggies deur die huis al voel dit soms of lamferbande my arms stomp afbreek die liggies brand tog trots en helder nóóit laat die LIEFDE in die steek dae, maande, jare dit is gebêre en vergader maar […]
(Himne) God is goed
In die skuilte van die Allerhoogste vind ek my vreugde en rus vlei my neer in Sy groen velde en versadig my aan Sy genade. Soos ‘n ribbok klim ek berge selfs oor skeure en hoogtes en wanneer ek deur vuur gaan lei Hy my ongeskonde. Hy hou my voete op die regte pad vermaan […]
VERSTENGELDE PALET
naby die houtbankie in die park, dáár het jy vir my ’n toorbos geplant en jou glimlag het die bome laat bot terwyl die wind uitbundig blare tart in die duiwe se kir is jou naam gespel en tussen die boomblare het die son soos blokkiesglas geflenter en stom jou naam geroep jou kreukelhande het […]
JY IS DIE ROOI VAN MY KANNABOS
soggens met songroet as ek my van jou moet speen sien ek die uitspansel in jou oë ontkiem wanneer jóú hande reeds reikhalsend na die strepiesmaan agter die newels reik maar dis jou kyk wat my inkatrol na daar waar die kannabos bloedrooi blom © Anzé Bezuidenhout
Die genot van ‘n kykpartytjie (Brons)
Vanoggend was die sonsopkoms vir my asemrowend mooi en dit het my ver laat terugdink aan ons kinderjare op Oupa en Ouma se plaas. In tye van afsondering dwaal mens se gedagtes nogal baie terug na die ou dae, die dae van ware vryheid en dit hou mens aan die gang. Vir meeste van ons […]