Wat ons glo is wat ons is (Silwer)
As kinders het ons graag wens-speletjies gespeel: ek wens ek was …; ek wens ek kon …; ek wens ek het …, ek wens …, en op talle verbeeldingsvlugte gegaan. Ons wense is meestal geïnspireer deur voorgestelde idees uit tydskrifte, waarvan ons prente uitgeknip en plakboeke van gemaak het, van mooi modelle, mooi hare, mooi […]
Troudag (Silwer)
ek hou vir jou ‘n boesemblom diep hier in jou wegloopkis vol verskans teen windverlange hoopvol in haar soekerus soos rooiwyn in ‘n vaatjie lê wag blomkind hier vir jou al mooier elke wegblyjaar vir die dag wat jy kom trou A Fourie (Seirdna) 2020.12.10
Cheers op 2021 (Silwer)
Hier teen die einde van verlede jaar het my kersie maar flou gebrand en moes ek behoorlik koes en keer om nie deur die Corona-tsoenami meegesleur te word nie. Die stormwinde, wat onophoudelik verwoesting saai in vele gemoedere, het so ampertjies die laaste flikkering van my hoopliggie ook geblus. En ek is beslis nie die […]
‘n Hart wat omgee (Silwer)
te midde van onweerswolke en dreigende gevaar rank drome soos wierook om verwagting te baar te midde van entiteit se vooroordeel en gis wens ek vir die nuwe jaar te vra dat my oog regverdig sal kyk nie van goeie waardes afwyk dat my hand oop sal gee nie vuisvorm en onmag skree dat my […]
As die kiewiet roep
Ek dwaal in grotte van gys granet met druppende stalagmiet die eggo’s van ‘n waterval weerklink soos ‘n skoot wat knal ontstuimig lop my hart as ‘n vulkaan uitbars die reuk van swael laat my p my tande knars hoë berge laat my duiselig steier asof klokke in my longe beier dis net as die […]
Liefdeslas (BRONS)
Een Korinthiërs dertien teen jou yskas as aanklag van die liefdeslas: teen jou selfkastydende standaard staan hul liefde wat in misbruik ontaard. Ek is bly jy is hier. Kom, ek skink jou nog ‘n bier. Ek glo ons sal die liefde en hoop kan verdrink voordat jy loop. Een Korinthiërs dertien wys wat vals is: […]
Wat koolslaai maak verraai (BRONS)
In opgekerfde lewens het ek dit byna misgekyk: vervlegd geskied ons jare en tussen blare bros en broos se plat en glad, se kronkeldiep het jy waterdou genesteld blink aan my blare vasgeklou. Tussen elke vou sién ek jou nou. ©ASvdM
TRONKBEWONERS
Ek het al ‘n vensterbank verprent geswem op verbode plekke vreemde lande besoek in die volmaan verdrink. Ek het al my ma se hand vasgehou toe nie een van ons woorde gehad het nie selfs my vryheid prysgegee uitbundig gelag tot die trane spat ‘n vriendin begrawe ‘n baba aan die slaap gesing my hond […]
SLOTSOM (goud)
Dis ‘n andersom man wat haar hand houvas ‘n onweestaanbare vreemdeling wat in haar bed ontwaak dis háár mens – hy lyk bekend ruik soos kombuis en badkamer hy leef al lank hier met sy onbekende lyf in haar vervreemde spasies soms pas hy haar op soms jaag hy alles weg soms is sy óf […]