Ek kyk oor die spruit
Ek kyk oor die spruit die diepte is nie baie nie deur die helder water blink die bodem weerkaats die son se boodskap na my ek lees jou gedagtes tussen die klippe voel die roep vanuit jou hart se binnekant wanneer natuur se skoonheid uitbars in blommevreugde en voëlgesang hoor ek jou asem teen my […]
In die niks tussen jou hart en jou knieë
In die niks tussen jou hart en jou knieë kan ’n liefde ongesiens, onontdek sluimerend groei, tot eendag! Sou jy dan jou tassie pak en oor wye oseaan haar vind? Laat háár dan toe om jou hart te heel, jou binneste te vul -nie om met haar te speel, maar- vir haar te gee jou […]
‘n kruppel lewe
soveel jare se alleen het oor dekades heen onooglike eelte in my siel se teelaarde geplant, gesaai oseane vol trane is geween oor dorre klip en steen waar dikvoet en koesnaatjie sonder murmel blom na enkel druppels reen duisend tye kruppelalleen het jy in marteldae omgeskep, elke een rondomgeskil gekerf tot ragfyn skyfies met sap […]
Weerkaatsing
soos ‘n ego weerklink dit terug word die geluid weerkaats in ‘n grot ‘n leë hol saal geluidsgolwe deur rotswande hier waar ek staan vry en die wêreld stil oorkant die kloof van stilte wat ons skei tussen berge en dale, klip en bome kan geen geroep ‘n dowwe weerklank wek soos ‘n weerligstraal skiet […]
Die man wat ek liefhet
Die man wat my liefhet slingerpad deur veld en gras en die fynbostakkies wat – net gister nog – sonder blomme was bloem welig in ‘n welkomsgroet. In die fluitsang van suikerbekkies klink ‘n blye weersiensroep oral waar hy ou bekende paadjies loop en – met sy hande – ryp sade van graspluime stroop. Die […]
Die Teddiebeer Piekniek
Boetie Beer se eerste treinrit! ‘n Avontuur in die groot wye wêreld! Die beertjie was ‘n bietjie bang en angstig maar eintlik kon hy nie wag nie hy het so lank daarna uitgesien. In die stasie is nuwe geluide en lawaai orals en baie mense almal besig en vreemde reuke soos gebrande olie en yster […]
die klippe roep luid
in pakhuis lê opgevoude kartonne gebind met maskeerband doodstil lê die bokse geen geluid kom daaruit vreedsaam lyk dit op die oog af maar daarbinne lê verlore kinders dogtertjies en seuntjies gekaap om as slawe vir sekshandel te verhandel gesmoor met dwelms vir dertien uur uitgevoer soos vrag opgeveil soos vee vir altyd verlore vir […]
Litteken
Litteken Die oorwegings en die hoë standaarde was oorweldigend. Ons was in standerd ag (graad tien van die ou bedeling), ons was veertien jaar oud, ons hormone was al amper op die maan van bokspring en die druk uit vriendekringe was, soos die Kaapse Suidoostewind, onophoudelik intens. Ek het mooi besin en stadig besluit en […]
Die donkerkop se plan
Die donkerkop se plan Die donkerkop dra die skinkbord versigtig en sit dit met die gebruiklike groet neer voor Francois. Sy bedien al vir ses maande elke Saterdagoggend sy koffie hier by die koffiewinkel. Die aantreklike sakeman met die grysheid om sy slape, sy snyerspakke en sy mooi hande. Die donkerkop het al baiemaal gewens […]