Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Geluk"(Bladsy 96)

Wange veerlig, veilig in handpalms gekelk praat oë van vervloë wat beide onthou – tye van saamsmelt volkome behoort vry- ongebonde sorge oorboord Wedersydse besef klankloos verstaan waaroor unieke teer- oomblik gaan herinnering kleurvol in rooi, wit en goud veilig diep-gesluit in kis van Geelhout So vries die uurglas sandkorrels versteen vir etlike oomblik vir […]

soggens as die kartelson in warboel met klanke van geel oor die Westerkim ontplof dartel die tortelkoer van genadeduiwe soos ‘n heil’ge siterspel op fladdervlerke na Bo Tambotieboom in die bruingloed van henna en rooiborsduif wat in blare soos granaatpit in skarlaken blom en iewers in die agtergrond die Neushoring wat binnemonds brom met malse […]

Heimwee huiwer om my mondhoeke want my gedagtes vroetel rond waar woorde kielie. My hart glimlag stiller, stil by onthou van die kriewelgogga wat jou gekrap het, toe ander te diep kyk. Kinderlik jou ooglid se pluk, toe jou hart skrik by die besef geluk…ruk skielik weg.

brandend lek dit pit van jou hart se lig in felle kompetisie met die sterglans wat flikvlooi dans met die sneeuvlok vallend deur die lug voltooi so die sirkel van ‘n halwe maan skets die klippe van die kaggel jou innige diensbaarheid in eelte van diepe omgee brand die knetter-vuur van jou liefdeswoorde dieper as […]

deur ontelbare spasies lê die rasperspoor van onthou tussen geraamte stasies wat stil in gedagtes oopvou kniediep deur lawa-vure gekruip wat jou kool-verskroei tot daar waar jy versuip en voel jy kan nie meer bloei bitter, sout en pekel dae waar jy soos Lot’s vrou versteen onder koue woordslae wat sny tot op die been […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed