‘n Kwêla lied
ontmoet my vanaand onder ‘n sekelmaan se buig waar die naguil roep en die rooi’jakkals mistroostig huil omkring my met jou aura onder die Mopanieboom luister na my hart wat ritmiese met joune klop neurie met paddakoor dan ‘n kwêla lied op die noot van krieke viool vir my om stil te hoor © Anzè […]
Toe vind jy my
Op my paadjie Stap ek nou Met ‘n hart Wat soek na Jou Die lekkerste verrassing Vir hom en my Was toe jý Ons eerste kry
Die Romantiek Is Geskaad
Die Romantiek Is Geskaad Dit lyk so romanties maar sê nie veel van die eie ek se gevoelslewe of gebrek daaraan maar koelkop weet jy al bekoor sterretjies die oog stuur hul vonkel geen liefdesglans na benede synde dooie materie en gevoelloos en op die volrond blink maan so romanties lê oral mensespore rond Die […]
Omwenteling
Jy dryf saggies in jou eie donker rond En raak stilletjies weg stukkie vir stukkie verloor jy jou self Dag na dag Vir ‘n leeftyd lank Jy word ingesluk Amper verorber Vir ‘n oomblik, net voor jy groet, Sekellag jy Jy is ‘n vegter Al lyk dit nie so nie ‘n oomblik se rus En […]
Die gedig is vir jou
Ek skryf die, vir jou, Want jy verdien ‘n gedig Jy verdien meer as dit Jy verdien die wêreld, Maar al hoe ek my hart kan gee is as hy soos ‘n gedig lyk Ek skryf vir jou oë Want ek weet die blink steek ‘n leeftyd se seer weg Ek skryf vir jou hart […]
Droogmond prewel
Op die verweerde winter horte van my diepste binnesluis brand warm koker vure, én daar komponeer jy dan ‘n minnesang op die nat wasems van ‘n vergete ruit Snoer jy my blanke hals in fluisterklanke – wat soos ‘n wingerd van pêrels, in violet bot omkrul my voel met rankvingers van ‘n immergroen Sag omsoom […]
Rou emosie
in die na-nag wil ek jou aura met vetkrytpunt in reënboogkleure oor handgemaakte sy-papier kom skets, so jou siel vasbundel met die ink van my pen op lelieblank papier met rou emosies wat eb en vloed en oë wat net vir jou alleen gloed © Anzé Bezuidenhout
Ewenaar van ons dink
soos ‘n brandsiek koud-kry brak kom huil die klam winterwasem om die huis se westehoek, dit rittel en beef en vat-vat aan die naat van my corduroy-broek maar, in die glinster van my sjerrieglas vonkel sillabes van jou dink se loop en ontbrand as weghol vure wat warm deur my are bruis; kruis en dwars […]
Huisie in die Bosveld
by haar huisie in die Bosveld groei die mooiste spierwit roos wat haar elke dag herinner dat die Skepper haar sal troos langs die muurtjie wieg gesiggies as hul knip-oog na die son en gekleurde vlinders fladder want die lente het gekom op haar stoepie in die blombak breek die eerste blare deur van ‘n […]
Vrede wil genooi wees
Waar lê Vrede? Iewers in ʼn boek? In ʼn terugdink of ʼn lewensles? Vrede kom op sy tyd aangestap. Soms half sleepvoet en sku. Tot jy hom herken of liewer erken in ʼn …oggend reuk, of in ʼn kind se beste probeer, net vir sy Ma. Dalk in jou eie tuin se pienk roos wat […]