ASIELSOEKENDE TOERIS
Asielsoekende Toeris? In die koerantartikel het as eerste gestaan dat die belangrikste van jou vakansiereis die anekdootjies, die staaltjies is wat jy agterna te vertel het. ‘n Sjinese toeris het heelwat om te vertel wanneer hy binnekort huistoe kom. . In Heidelberg, die „Mekka” van toeriste in Duitsland, ook van die Sjinese, is hy beroof […]
Ons beurt om te doop
Ons doop, of eerder, na vele probeerslae om die datum vasgemaak te kry, doop dogter en skoonseun uiteindelik hul klein mannetjie. Hy het al selfs sy oorspronklike doopklere uitgegroei, maar as ‘n klip in jou pad gerol word, moet jy maar daarom werk, al neem dit ‘n ruk! Nou ja, ons suiker af Oos Kaap […]
Kunswerk
God is ‘n digter Hy skryf met weerlig en rym met die reën God is ‘n kunstenaar Hy het die wêreld met jóú geseën
Sê nou …
sê nou daar was ‘n pragtig’ tuin waar feëtjies en kabouters woon waar almal altyd gelukkig is en Koning Sprokie troon sê nou daar was blomme wat altyd in massas blom en skoenlappers in elke kleur wat sing terwyl hul nader kom sê nou daar was ‘n plek waar ek jou vir myself kon hou […]
Sikspens-liefde …
jy gee my ‘n hart-sikspens om my geluk te koop met my blou kitaar oor my skouer sal ek die pad kaalvoet loop daar’s klippe onder my voete maar ‘n reënboog in my hart want in die toksak op my skouer het jy jou hart vir my gepak ©
n Naam en n volmaan
1974 is ek gebore in ʼn provinsiale hospitaal diep in die Karoo, waar Meiring poort jou uitspoeg in ʼn droë, nederige wêreld wat eindeloos voor jou uitstrek. My ma se dit was kwart voor een die oggend. Hoog somer. Google se dit was ʼn perfekte volmaan nag. Ek was amper naamloos gebore. My naam het […]
Sigeuner
Partykeer bly ʼn sigeuner reg onder jou neus. Niks soos in die movies of in die boeke. Sy het net geleer om in te skakeer by die kleur pallet van massas. Tog is haar kleure bietjie anders. Dieper, ryp en amper soekend. ʼn Sigeuner siel is kaalvoet,…altyd. ʼn Sigeuner hart is ritmies… altyd. ʼn Sigeuner […]
Verander só die herfs
So kom bied jy ‘n najaarsblom in die troebel van die skugterson teder die oker van my herfsgedagtes wat jy in safraan-miedens bind In tederheid het jy die oes verhaal korrel-vir-korrel gemaai delikaat gewan, geweeg met harstnaar toegesak Pakskure vol gepak opbrengs wyd geseën met bakhandgenade bejeën onder kwashaal van sakkende son Kom bied jy […]
Die Klein Dingetjies
Die Klein Dingetjies Ek dink nie aan groot liefdesdade nie maar aan die byna onmerkbare dingetjies van ‘n liefdevolle, vredevolle samesyn, die woordelose begrip en aanvoeling vir mekaar se gemoed en behoeftes, rustig saamlees en na mekaar luister in vrede en liefde en gemaklik tuis in mekaar se geselskap soos uitgetrapte gerieflike pantoffels en ‘n […]
Wink die skemerskadu’s blink
‘n Najaarsblom lӗ geberg in die holte van my hand wat deur die wind nuwe eilande vind Waar dit diep in my siel brand elke gedagte en illusie moet ek inhou styg en daal aaneen alleen Dan kyk ons hoe die bloulip horison op ‘n spierwit strand skaam-skaam in die skemergloed wink Blink soet, ‘n […]