Ek mis jou (Silwer)
hier in die donkerste hoekie van my tuin het ek ‘n rankroos geplant pienk klimop rosies wat fyngeur sagte herrinneringe in die aandlug strooi daar onder die sekel van die hartseer maan het ek jou geplant ‘n houtkissie gevul met stof want uit stof was jy en stof is jy en stof sal jy wees […]
Genade (Brons)
In my treurende Jobskleed het my klaaglied geween onder moedverloor se vlakte waar roet se roes reën. Met swere oopgekrap oor selfkastying van skuld, breek die Woord voor my oop vind ek alle hoop. Ruis my siel soos die arend vind ek krag in die wind, vaar ek klapvlerk na bo na my triomfboog se […]
Winderige Nag
Maan alleen skyn dun warmte lig in die yskoue ope lug. In hierdie winderige winternag bytel ek in stof tel ek die sand op totdat ń helder warm woord die ryp verdryf.
Maria
Maria, maagd van Bethlehem was onder vroue uitgeken om die Lig te bring wyl engelkoor sing om só verlossing vas te pen
Die groen sak
(brons) Sara Vermaak trap die sole van haar skoene aan die brand. Sy loop heen en weer voor die preekstoel verby. Van die diakens se vier rye banke tot by die ouderlinge se afdeling en terug. Met elke tree se trap word die vraagteken in haar binneste groter. Wat het sy my die dekselse groen […]
Goeie Vrydag (Silwer)
Goeie Vrydag (Silwer) Krisis, daar’s nie water nie, dit gaan ons sleg vang! Net nog in die ketel vir ‘n leksel koffie by die brood. Wyn is daar in bottels (maar darem nooit nie voor die diens). Asyn is volop op ‘n rak en daar’s bietjie water in die fridge. Ek kan nie skeer of […]
‘n Ma se hart
My kind … jou optrede en woorde skif soos kaf in die wind een oomblik sag soos satyn dan weer druppend van venyn kneeswoorde en dade (hier en daar, deur die jare) wat seer letsels laat my oog sien wat ander nie kan my oor hoor wat ander nie verstaan getrou gee jy elke jaar […]