veg of versoen
met draai van die wind het onweerswolke dreigend hul weg deur hierdie land gevind van alle kante donder en blits weerbarstige opstandigheid deur onreg en onmin aangehits talle voorsprake van doemprofete het rigtingloos verwarring gesaai hul dwase doel, laat heilig deur die middele midde in hierdie verwoestende storm wik en weeg ‘n kwesbare volk oor […]
My identiteit bepaal my doel deur Lynelle Clark
Identifikaie in vandag se lewe is baie belangrik. Sonder ons identiteisboekie kan ons nie ‘n rekening oopmaak of stem nie. Om die waarheid te sê; daarsonder is ons onwettige burgers. Wanneer jy nie jouself kan identifiseer nie word jy beskou as iemand wat geen regte het nie. Dit is net so waar van ons lewe. […]
Opdrag vir ‘n Reëngebed
roer jou stingels grasveldlande wuif jou halms in die wind hef jou grootheid oor die rante buig jou berg se rots my kind skink die dieptes van jou branders in ‘n vredes nagmaalkelk hurk jou volmaan voor die melkweg laat jou son se skyn verwelk slaan jou oë op, dorre aarde skud die stof af […]
Die bitter en soet.
Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was hierdie jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel. Veral as ons voor ’n donker, […]
Ongetemde Sonkring
onder vlerkgeklap (‘n engel s’ n) staar jy wanhopig na raaisels in die spieël opsoek na nuwe stukke om die verweerde brokkels van ‘n legkaart (weereens) te maak pas want, deur onheil en smart van nóg ‘n stroewe jaar het selfs jou skadu soek geraak in die swart leemtes van jou ongetemdheid wat roekeloos op […]
Koggelroep
die son het my gekoggel terwyl sy strale verblindend asof tussen glasskerwe kaats en elke slukkie windasem word gesteel onder ‘n Mopani wou ek gaan sit maar die wind het my vel geskroei onwillekeurig het my voete pad gevat opsoek na ‘n dowe plek sonder ‘n koggelroep dit was egter eers deur die donker skadu’s […]
Pilare van sout
op die ritme van sleurende musiek sou pilare van sout my pad versper terwyl my voete blind na ‘n versteekte alfabet soek en my keel klanke van ‘n donkernag probeer namaak tot barstens vol versadig aan bitter water en alg wat my sig verblind my hoor verdoof ; nou lê my tas verlam want op […]
Dans van dankbaarheid . . .
Nelmarie van Greunen raak stadig wakker. Sy is half deur die blare. Hoekom voel dit asof sy iets moet onthou. ‘n Diep frons ontsier haar pragtige gelaat. ‘n Voorval of gebeurtenis wat haar die vorige dag baie ontstel het. Dan slaan dit haar soos ‘n voorhamer tussen die oë – haar vriend wat sy al […]
Genade-dans
Genade-dans Het jy ook vandag die reën geruik; die blomme sien dans in die hemel se glans? Het jy ook vanaand die stilte gewaar; die maan sien skyn oor n sterre-tuin? Dan het jy ook seker n storie gaan haal, van liefde wat hunker en n prys kom betaal! Dan het jy miskien ook die […]
GOUE PÊRELS
Al die sterre is swartkolk – geblus in die donker – hul helder skyn ingeplof. Woensdag se volmaan dra ’n swartmanel van salpeter, houtskool en swael. Die hemelruim is swartryp windverwaai. Hoe donker is die nag wanneer net hý met oopoë na alles staar. Kerse dood, lampe en konkavuur geblus. Stroopsoet, stil is die nag […]