Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Genade"(Bladsy 37)

ek het n hoener sonner stertvere want justice die kat het daai vere een vir een uitgetrek dit het verwilder en raas en maatreels gekos om saamleef hier te bewerkstellig met verloop van tyd het die kolonel die posisie van hoof huisdier betrek dis nou net hier wat ouma dit nie meer kon aanskou miskien […]

gewaardeerde woorde in liefde gespreek jou blou is jou blou sê hy niemand kan vir jou van jou blou sê nie elke dag se blou in die skakering wat jy dit wil hê skryf die verlede en die toekoms in die hede met mekaar versoen die invloed daarvan in n kleur te doen die beloning […]

Lydenstyd 2018 Aswoensdag Met die terugstap voel-voel ek aan die askruis teen my voorkop en my oog gly deur die somber lug tot waar die rivier se kronkels wegraak in die son se laaste lig Moreoggend, weet ek, sal die mis weer optrek en die rivierloop duidelik uitkarteer Ek sal dit volg, soos Virgilius, wat […]

vandag loop die springbokooi kop omlaag snuiwend na opgedroogde vog en onder die Kameeldoringboom herkou die gemsbok moeg met stofdeurdrenkte speeksel die verdwaalde omkrulpeule in hoop vir nuwe krag daar waar die duine se rooibruinstof dwarrels draai sterf die dag van hitteuitputting en tot die gecko verdwaal op sy spoor iewers tuur ‘n Godsman na […]

Verlossing Die aarde is my kern. Uit stof het ek gekom, tot stof sal ek terugkeer. Eendag, as ek my kan losskeur uit die vasknellende aardetentakels en mense-opinies wat my verstrengel, meesleur, af, die duister in. In die tussentyd beur ek slepend voort, terwyl versoekings daagliks versperrings voor my voete slinger. Ek worstel met die […]

Die reisiger Die reisiger beweeg deur die stad se strate. Hy loer in by ‘n venster in een van die minder gegoede buurte. Die kinders sit voor die televisie, al stryende oor wie die volgende program mag kies. Hy skud sy kop. Wat het van broederliefde geword? Die ouers sit, stom en sigbaar moedeloos, eenkant […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed