Horeb (brons)
Die Here fluister in die stilte na die wind vir die gehoorsames wat onregvoos en sonder ophou aan sy deure klop; Hy roep met teer gesag die doodsgevange kind om haar te bring na lewe, en vir dié wat klein is van begrip, soos daardie ryk, jong man wat alles moes verkoop, kloof hy oop […]
My allerliefste…
liefsteling, skenk, ja stuur daagliks vir my troos; met ‘n boodskap van mirre uit die dieptes van jou binnekant en sein jou bekoring in safraangeel koring, kom stuur jou boodskap aan my in rooi (so helder soos die son) en hanteer my teersag soos ‘n Noagsduif omhels my met die groen van ‘n olyfblaar en; […]
Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]
Sielwand (Brons)
Deur die fyn glas van jou siel se wand piramide jou lewenssand, ontvang uit die Vader se hand, beloftes van die hemelkant. Noukeurig afgemeet: ‘n korrel of twee se leed, dubbele maat van seën, sewevoudigheid se vergeef, skoonwas se reën, ‘n graafvol van leer. Van die hemel se gee is jy aardsgebind. Nano-oomblikke gestoor in […]
Syfersand verlore (Brons)
Herrinneringe druppelspoor teen jou wang. Wie kan dan weet hoe seer jou verlang. Met elke skuif van die naald strompel tyd onbepaald gaan almal hul eie gang. Hoe kosbaar die tyd wat jul saam spandeer want môre se môre, kom dalk nie meer. Elke korreltjie sand teen die uurglas se wand niks kan die vloei […]
Geskenke van goud
Karien het twee dae om ‘n brief te skryf, ‘n brief vir haar ouma wat op haar sterfbed lê. Sy het haar jare laas gesien, tyd het net nooit toegelaat dat sy vir haar kon gaan kuier het nie, altyd die een of ander krisis of belangrike geleentheid wat opgedaag het. Elke keer is tyd […]
HOËRSKOOL DRIEHOEK
HOËRSKOOL DRIEHOEK Die skool se noodlot in die ergste doodskreet met geweldige pyn en seer stroom die trane van hartseer in ‘n onverwagte fratsongeluk onder die loopvlak van sementbetom het kosbare kinders se lewens omgekom verwyte word oor en weer gegooi niemand dink meer aan die mooi almal se woede is behoorlik in die rooi […]
Nuttelose uurglas
kompasloos, rigtingloos val elke dag se somer met bitterwit verlange wat verblindend brand as versteende uurglassand druppend na benede meng nugter denke en seer verlies van stamelende verwonding van dit wat moes wees in my wêreld waar soveel skadu’s hurk so sparteldra ek daagliks (met verswakte vlerke) my littekens deur die ure en meëdoenlose lugleegtes […]
Versteende treë van tyd
waar sand deur die sif van jou uurglaslewe val skuur dit flenters oop van diep onthou en kom vou soos vlermuismantels wat wenteldraai – om en om die gedagtes en drogbeelde wat in leë rame van my denke hang dan kom my voete sleepvoet in skuifelgang om iewers diep wegloopgedagtes vas te vang kom spartel […]