ruїne van die liefde
waar uitgedroog en dor ons dam nou stukkend steun teen taaibosstam en somerson se hete vlam die vertes rookdofkimme kam het ons in jeug die tyd verdroom by uitleivoor se kabbelstroom langs groen van varing blom van vyg het ons beloftetrou laat styg verby die groen van wilger twyg wat kopdruip oor die lotus neig […]
Liefde is vir die voëls
dis die sout op haar lippe dis die sout oor haar wang en sewe pelikane wat bo Saldanhabaai hang dis die daisies aan die voet van die grys klipkrans en die witkruisarend wat oor die veld swerfdans dis die wolke in die hemel dis die wit teen die blou en ooievaars wat koers verby Darling […]
Alles kom tot as
hier sit ons nou jy kyk vir my ek kyk vir jou deur skerms propvol woorde hunker ons na oorde na tye toe ons nog kon praat wat gesê is, is gesê dit wat gedaan is het geen keer en hoe klein is ons verweer wanneer harte sommer net wil bloei (oor elke wond sal […]
Bittere laatoes
Soos verkrimpte korente in ‘n haelskade boord hang eens swangerswel drome sonder hul naelstring koord Die vroedvrou sleepvoet verniet kort-kort gebukkend op loer na enkel tros vir soete laat-oes want hier is bitterdruppels gegiet
Pleisters
Pleisters Ek het kop tot tone orals pleisters van seerkry want my hart is flenters oor al die oop grafte waar ek geliefdes moes teruggee aan moederaarde want die een boom na die ander is die afgelope jare uit my hartswoud gekap en geplunder die oop gate en wonde gelyk gemaak en bepleister maar genesing […]
‘n helderpienk gedig
daardie dag waarop jy dood is was Matsikamma aan die blom oor die rantjies en die rûens tot onder in die laagtes waar kuile in valleie kom die pienkste kandelare het gebloei deur sand en klip en dat iets so mooi verby moes gaan was veels te hoog vir my begrip maar daardie herfsdag – […]
Ou Gekraakte Hart..
Gekraakte hart, vanaand raak ek van jou ontslae. Ek soek liefde, ek soek weer ware liefde in my lewe. Jy gaan my nie keer nie, God het vir elke pot ‘n deksel gemaak, en myne is oppad ek glo dit, en vanaand heel Hy jou, ou-kraak. Jy sal weer vernuwe, sodra ware liefde in jou […]
Enkel drenkeling
Winde en storms het ‘n verbleikte seil laag, halfmas laat hang wyl trane van gisters – versteen op ’n wang Op soutsproei wieke van die winterswind sweef ’n seemeeupaar as hul koggel eggo – drome verder verslind Al dobberend die drenkeling nader mistige horison op selfgemaakte skuit sinkend skommel en skud – die silhoeët van […]
Voëltjies vergeet
oor die dor van Vrystaat vlaktes huil die winterwind – so skraal – weer ritselend deur pluime gras in rou gekleed, en vaal ‘n koester vlieg steeds weer en heen alsó deinend is haar vlug oor gister sal sy nimmer ween – in elke droom vind ek dit t’rug © C. Shaw 13 April 2016