RICHTERSVELD
RICHTERSVELD In die oop vlaktes van die skone Richtersveld strek die klipagtige berge rotsformasies gestapel opmekaar op hierdie verlate dorre aarde het GOD al die klippe uit die hemel gegooi in GOD se verlate vlaktes hoor jy die eggo’s van die doodse stilte Richtersveld se verlatenheid aanskou jy kaktusplante vêr uitmekaar langs twee rye rooisand […]
Versprei
Sy behoort nie aan iemand nie. Sy behoort nie aan ‘n man nie. Haar siel is fyngetrap in stukke getrap lank gelede deur baie mense die stukkies het verpoeier en is opgeneem met die wind en versprei deur die heelal en soms as jy gelukkig is kan jy van die stukkies sien blink in die […]
hier is ek
op my duin is daar bosse droë fynbossoorte met diep wortels wortels wat aan brak-water gewoond is wortels wat floreer op soet reëndruppels nat mis sproei van die see voed hul blare maar droogte maak uiteindelik sy indruk vel en bruin staan die gevolge daar is ons ook so droog in ons siele dat elke […]
HERE U IS
HERE U IS Here U is my enigste ware vriend ek smag om U vir ewig te dien mag ek U liefde waardig verdien Here U is my enigste ware vriend U het my eerste raakgesien in U kan ek wareliefde vind Here U is my enigste ware vriend ek smag om U vir ewig […]
Hartstablette
Hartstablette My siel rebelleer teen die voeteval van rigtingloos wat soos swartstreep teerpaaie deur my lewenslandskap stap want binne my kors in my diepste klop lê oortuging so tasbaar werklik soos my eie vel binne getatoeëer op hartstablette geëts vir lewe daarom sal ek trap waar selfs engele vrees my stem verhef my eie self […]
R.I.V.
spierwit lê leë witmossel skulpe skoon gewas in soutwater deining geskrop deur sandbedding en rotse leë halwe doppe van die verlede wie onthou die glibberige slak met voelers wat daarin was byna geen spoor van hom spierwit lê sand bestrooi oral in weskus tuine op randakkers om mooi te lyk so lyk wit kruise ook […]
die klippe roep luid
in pakhuis lê opgevoude kartonne gebind met maskeerband doodstil lê die bokse geen geluid kom daaruit vreedsaam lyk dit op die oog af maar daarbinne lê verlore kinders dogtertjies en seuntjies gekaap om as slawe vir sekshandel te verhandel gesmoor met dwelms vir dertien uur uitgevoer soos vrag opgeveil soos vee vir altyd verlore vir […]
Orania en God
As die nag-uur se stiltes oor Karoovlaktes draai en die voëls se kwetter sagte nagsê tjirp-geluide word wyl die skittersterre een-een hul sitplek inneem dan loer die maan versigtig met sy roes-rooioog oor grys platkop heuwels en uitgestrekte rante my voete die strate van die stille Orania wandel ek in ontsag vir die Hemelse heelal […]
vos onder lammers
harde applous houtjie van galg laat almal walg bloederige pous deursigtig vals hardnekkig slu afgryslik kru in hoek gewals elke oog sal sien vresend neerbuig elkeen Hom dien ©Teárlach
Verlore brief in ‘n bottel
Die waarheid is niks minder as die klop van jou hart – ek hoor dit ook met elke son wat sak is die wonder van ‘n einde ‘n slinternuwe begin. Mense soos ek en jy was nooit gemaak om te huil of te skuil – “we were set to sail” vat my hand; my naam […]