Bloeiselblom
as ek kan uitstaan in maanlig aand met fluweel sagrooi wat drup uit my hart ‘n liefdeslewe ek en jy wat op wolke kan sweef ver weg van die seerkry aan gisters wil ek nie meer want vorentoe is daar ‘n lewe my bloeiselblom in maanskyn lig deel met my die pretwees van ons bestaan […]
Veldiep tot sieldiep
maar jy sien net die flees wat hang aan my been struktuur die keuses, gene en toeval wat my verf en omhul soos ‘n boekband jy kyk teen my oppervlak vas en ek wonder of jy ooit eendag werklik my sal ken en sal sien vir wie ek is in plaas van die idee wat […]
My hart se sprokies wêreld
ek wens ek kon verdrink, voel hoe adrenalien opbou voel hoe my liggaam baklei om te leef baklei vir ‘n skeppie asem voel hoe my hartklop styg en stadig daal ek wens ek kon voel hoe my hart tot ruste kom en my siel tot kalmte bedaar, ek wens ek kon my oë toemaak en […]
Pandemie
onverwags soos ‘n monster het dit ons kom bekruip soos ‘n slang in die nag donker adder geslag hangende in die lug waar niemand iets kan sien ver verwyder van mekaar met maskers word ons glimlagte verberg geen glimlag ooit meer te sien donker het die gedagtes geraak terwyl baie hul menswees verloor in ons […]
Soos ‘n blaar wat val
Ons is anders as alles met buiteseisoene wat inwaarts woed verlore en verlate as gevolg van onsself elke keer as ek ‘n mens hoor gaan spartel gedagtes in my kop; verkorrel die verloop van tyd deur my vingers – dis juis dan dat ek so graag wil vlug êrens na ‘n ander plek soos ‘n […]
Kosbare jy
Rus in vrede vriendin…. Alta de Beer jy was my cpf maatjie twee weke van stilte wat volg op ingehoue denke my hart is so seer vanaand die tyding gekry dat jy nie meer met ons is vrou van liefde vrou so sag en soekend jou liefde so ver en jy hier maar altyd het […]
Suiderkruis
Suiderkruis ek fynkam die uitspansel vol sterretekens gekarteer iewers wag ‘n ster uniek ‘n skitterster net vir my daar waar die Suiderkruis wys die baken van noord of suid daar sal ek liggies ‘n ster pluk ‘n rigtingwyser weer vir my jy was my rigtingwyser my noord en suid gewees veilig uit dwaalspore gelei my […]
Liefdesdiens
Stuur ‘n bemoedigende teks aan ‘n vriend of famiie lid elke dag, dit het krag en gee inspirasie. Om jouself te vorm om meer en meer soos Jesus te wees, om so te leer om God te vertrou met jou diepste seer en behoeftes met Hom te deel. Dit is waarvoor jy gebȏre is, om […]
Vlugteling (Silwer)
my lewe is ‘n fluistering gehawend en verskeur; die ek in my, die vlugteling, deur storms meegesleur in hawens word ek vasgemeer, as skendeling in boei ingemessel, toegesmeer verguis om dood te bloei toe word my sielkant vrygekoop; nou koester ek ‘n hemelhoop A Fourie (Seindra) 26.04.2021 Neologismes 1. Skendeling- In hierdie konteks ‘n persoon […]
Donsveertjies
half gevormde engeltjies sweef deur my gedagtes vandag soveel wat maar net donsveertjies het tog glo ek, daarbo is hulle almal perfek hulle begin was nog nie eers op kalender gemerk om tot jare te kon strek nie, want op aarde is hul wieg met gruis bedek gesiggies net op sonar geêts word vir mammas […]