Oestyd na droogte (goud)
Het ek my verbeel of het jou kruiphand my middel omsingel — jy my lyf lankenlangs nader getrek tot duskant jou horisongrens diep verby jou ongetemde binnewand het ek my verbeel of het jou woorde te swaar geraak tussen die veldblomme wat jy in hierdie ontspoorde oestyd so gereeld in my vlegsel druk terwyl ek […]
Sandkasteel (Brons)
met korrelgedagtes (deur genade beklad) bou ek van gisterdrome ‘n sigbare skat met sandsteenwoorde (gestut deur lewenservaring) laat ek dit gestalte kry in verskillende genres en strukture beeldende klank resoneer (skommel deur gemoed) met wiegende maat in eb en vloed onvoorspelbaar die lewe (voortvloeiend tussen see en land) tog bou ons daagliks met vertroue in […]
Ek wil lewe (goud)
Vat my enige plek saam met jou enige plek weg van hier enige plek waar vergeet kan verlig ‘n plek met purper plesierighede soos in die mik van jou arms of oor die heuwels van jou heupe waar jou hande veilig oor my kan veld ‘n plek waar buite ‘n binneding raak waar net ek […]
Metafoormens
Ek het gisteraand aan die slaap geraak in ‘n sterrebed met jou hier aan my sy ons het soos dryfsiele in jou bed gesweef ‘n hele nag later wakker geword en geweet die lakens tussen ons is te dik die kamer ruik na slaap en sweet. Jou hande het nog vasgekleef aan my vel en […]
SOEKENDE SMAG
SOEKENDE SMAG (Brons) soos die natuur smag na reën en die son daarmee saam so smag my binneste na oorlewing op jou soos die blom smag na die by op natuur se naat vir voortbestaan soek my hele wese met ‘n woelende teug soos die see smag na die storm wat woed golwe wat heen […]
Mymer
My fotografiese geheue onthou nog ons mooi herrineringe pieknieks op lemoengras waar ñ strelende rukwind die parmanente karteling van jou pikswart hare oor jou gesig waai
BOODSKAP IN ‘N BOTTEL
BOODSKAP IN ‘N BOTTEL (Brons) Surie sit met haar gesig in beide haar handpalms saamgevou. Die trane rol. Deur haar seer gehuilde oë, oor haar rooi gehuilde wange glip dit reg tussen deur haar vingers. Dit laat haar net al hoe meer dink aan die man wat sy destyds deur haar vingers laat glip het […]
Vergifnis
in die loopgraaf van my gemoed skink ek vir oulaas ʼn kelkie bloed tussen vergeelde liefdeswoorde lê vele vergete beloftes verdwaal in rym en akkoord want jou dade het dit weerspreek jou hande tussen waarheid en leuen verdwaal geraak die teenoorgestelde begin praat nou staan ek hier voor jóú loopgraaf en strooi reuklose blomblare hef […]