Geld wat stom is
In rooidag se guldestond fladder verwyte vlymend rond soos vonkvlinders wat ywerig na die sterre raap voor ń nuwe dag die nag se laaste asem ylings op kom skraap Terwyl hy heelmaak wat krom is met geld wat stom is koop sý hom soms met ń varingblom om… betaal hy vir liefde wat hy nóóit […]
Die skei-ding
Die skei-ding Ons het trou beloof “tot die dood ons skei” maar jy’t jou laat verlei en toe los jy my. Noem dit nie liefde nie, wie probeer jy bedrieg? Dit is geweld en roof wat jy reg probeer lieg! My gees gebreek my hart gekraak hier diep binne my soek ek na wraak. Jou […]
Alleen pad
Alleen pad Die pad loop loodreg word nou en klein tot dit op horison verdwyn skielik net weg… Ons liefde loop loodreg totdat ons pas verloor met mekaar ek jou verlangend agternastaar as jy alleen die pad vat. © Stephan Uys 2018/07/17
Versamelde gedagtes
Só sonder om een maal om te kyk of tale te gebruik om tekens rondom ons weg te wys skryf ek jou af vir een laaste maal herskryf ek summier jou skrif teen die muur (wat jy om ons gebou het) en skend ek die stiltes wat altyd om ons sal swyg soos ‘n oop […]
DIT IS (GLO EK) WAAROM GOD EGSKEIDING HAAT
Ek sien hoe frons jy. Ja, jy dink by jouself: “Martha Poller, wat weet jy van hoe swaar ek gekry het en wie gee jou die reg om jou mond uit te spoel oor iets waarvan jy niks weet nie?” Kom ek stel jou gerus. Hoe lui die spreekwoord nou weer in die Engelse taal? […]
Vals deuntjies vir moeë harte
Jan Pierewiet Jan Pierewaai MY Jantjiepiet sit stil. Die kinders huil, die huis is vuil, maar my Jantjie Piet sit stil. So hou jou soen, my man ‘k maak steeds koffie vir jou kan en jou na-saad maak ek groot; sit maar nog, ek smeer jou brood. Ai Jannie-Piet, my Pietie- peits, stug Pieter-Jan rol […]
Vingervleg
Vingervleg Ek weet alles is reg as ek en jy vingervleg as ons palm op palm ons liefde woordeloos uitgalm © Stephan Uys 2018/07/07
In my hande (brons afdeling)
my hande, krampagtig geklem om jou beeld, kramp en sweet, my kop geboë in verlange; verwagtinge eens so groot soos die son – my lippe wat sukkel om die woorde te sê, uit dieptes vanwaar die seer soos mos kom lê. slegs my oë praat in strome stomme eggo’s; trane wat losweg biggel oor my […]
Herfsblom
Herfsblom is my naam in magiese skitterprag om helder te skyn. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]