Oë van misnoeë (Opdrag 6)
Roemlose impressionis, indrukwekkende realis met Vlaams Germaanse invloed lê jy ordinêre werkersklas onopgesmuk op verfdoek vas soms huldeblyk soms hekelskrif of is die hooivurk dalk ‘n hef? harde koue werklikheid eerlik, aards, direk soos die ouman wat arbeidsvrugte met strenge trots aanskou langs die oë van misnoeë wat spreek van bittere berou; peinsend, oor dit […]
Boustyle en tye verander, maar mense bly maar mense (opdrag 6)
Vervloë grepe wat teen mure hang (deur kunstig’ hande vasgevang) sal vir eeue steeds sy boodskap dra – daar’s veel minder antwoorde as vrae. * As ruite bloot na dieper donker lei by vensterraam en kantpatroon verby as broosblaar plante purper bloei naas skerptonglowwe wat op stoepe groei as die hart nie in die huis […]
Liefde
Tydlose liefde winter, somer, lente, herfs ons vir ewig saam © 2018 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Donkerman
Aan die voet van Bainskloof sit ‘n donkerman; hy’s blind vermink deur dekades se skade ek staan langs hom doof ons staar saam oor Wamakersvallei wolke hang hier en daar soos kantgordyne uit die bergblou hemelruim ek vat sy hand en lei hom na binne waar my hart warm klop. © 2018 Caren Kearley Kopiereg […]
Meermin (Opdrag 5)
ek verstaan dat jy wil loop: die salpetersak is swaar my lief en sonlig ongefilter ek weet jy wil nie bly nie: die deining is te monotoon en rotstroon ongekussing maar voor jy landlangs loop oorweeg vlietend tog my wens in sand gevingerploeg vir jou: min- my-meer © Denise van Rensburg 07/08/2018
Lepellê – Opdrag 4
luister, die stiltes het verstom selfs lumierstrale gordyndans swygsaam ek wag nog tot jy ontwaak jou asem sag en rustig langs my ek voel jou hand op my lyf (nog naak) luister, die stiltes het verstom jy kreun en draai my stywer in jou arms als raak doodstil, selfs jou asem in my oor © […]
Weerkaatsings
Stil, verstom, staande voor ‘n gekraakte gesig. Die weerkaatsing dans en lag in die lig. Ek sien, maar is blind en die beeld verwyn. Net om weer in my nagmerries te verskyn. Roekeloos en rusteloos hierdie gedagtes van my. Waar ek die waarheid dag en nag probeer vermy. Dit wemel binne my. My vel is […]
Vervreemdeling
Tussen Hemel en Aarde staan ek alleen, van vriende en die mensdom het ek myself vervreem. In die mis van die more prober ek dink, maar al wat antwoord is my gedagtes wat weerklink. Ek klou aan jou, my enigste uitweg. Ek staan stil, verstom in ‘n stryd tussen goed en kwaad. Jy hou jou […]
DIE DAG TOE ‘N VROU GEBREEK HET
“My vrou is stukkend, sy is ‘n koolkop,” sê hy oorkant my in die sitkamer. Ek gee ‘n kekkellaggie. Hy lag. Ons sit en kyk vir mekaar en lag. Daar is niks anders om te doen as om te lag nie. Hy kom nie nader na my toe nie. Hy sit daar asof in ‘n […]
Pretensieus (Opdrag 2)
ek sweef op die soetsuur noot van “ek lief jou” waar ons toekoms blink in die weelderigheid van jou oë en ek veiligheid vind tussen die resonansie van fluweelwoorde wat ʼn illusie van volmaaktheid skep die realiteit was toe nooit jy nie uitgerafel en verflenterd staan ek tussen my eie braaksel van herinnerings vol sagte […]