Bedreigings
Slang ! gryp knuppel, geweer vernietig die plaagbeheer bang slang is alleen in eie broek wat nooit pik slaan die dromme omhels swart tonge dis gif vir muf wyshede
Die kuns van skryf
Woord vir woord uit die siel gepars drup skarlaken druppels rooi maar mooi Doop die veer in jou eie diepste seer Spelonke lanklaas besoek eggo’s van verlore wat jy vir ewig bly soek Stalagmiet van hoop het in my hart opgeskiet Oorhang deur stalaktiet van verdriet hart afgeskiet Veer gedoop in vlam daarmee graniet graveer […]
Plakkersvryheid
Getuienis : Gedig Plakkersvryheid geskryf en kortverhaal 7390 woorde GEKOOPTE GELUK met albei visie van wit plakkerskamp te Klerksdorp omgewing. Na skryf hoor ek daar is so kamp. Wou nooit gaan kyk. Word vanoggend uitgenooi om vir Oases of givers te gaan help met poppekas optrede sondag middag te Uitkoms wit plakkerskamp net buite Klersdorp. […]
skryf
– seestrome neem my weg oor blou deinende golwe – skryf ek mense-engele tale niemand sal my hart besit oor berge en dale sweef ek eensame mymering van lig – woorde stroom oor walle oor duine en droë riviere – waar hulp vandaan kom is daar Lig en nie duister slegs sinne vol beloftes wat […]
Haal so die angel uit die eerste skooldag.
Haal so die angel uit die eerste skooldag. Ek wonder wie onthou nog hulle eerste skooldag? Destyds is daar graag verwys dat jy “Grootskool” toe gaan. Ek is seker baie van ons onthou die opwinding van die uitstappie na die skoolklerewinkel. Daar is met groot sorg gekyk na die skool se uitrusting, van sokkies tot […]
Poppekas
Aan die hand van poppekas tree poppe op as verbeelding wat kan, was en gaan gebeur kinder oe” is verstom verkleur Harte oop om selfs te leer tog meer werklik as telivisie kyk stories te sien vandag en soek meer werklik inleef wat gebeur , is verryk Man agter die poppe glimlag kinders so bly […]
Amper dood.
Amper dood. Ons was kinders van ʼn baie warm Keetmanshoop. Met pa en ma wat gewerk het, was ons so half aan eie genade oorgelaat. Die reël was egter dat die grootmense te alle tye moes weet waar ons is. Vrydae was die dag waarvoor ons almal geleef het, want dan mag ons na die […]
Smeekbede (Silwer)
laat my losbreek . . . vry en hoog vlieg om my vlerke, vir jare reeds geknip tot wasdom te laat groei laat my nóú ontsnap . . . ongebonde glyvlieg om nuwe reisweë te ontdek die heelal se hemelstraat met vertroue te vind ek wil vergeet van aardse *treurspel van vrees en smart pyn […]
Motiverende skrywe aan skrywers vir die nuwe jaar.
Daar is iets aan skryf wat die gedagtes losmaak en die tonge laat wapper. Skryf gee ons die vryheid om dit te sê wat ons soms bang is om te uiter. Dit help ons om ons gedagtes te orden en om nuwe perspektief te kry. Hetsy in ons lewe of tydens ‘n krisis. Ek dink […]
Kruispad se keuse
K euses elke dag teerpad grondpad R eg verkeerd sandpad hobbelpad U itgeloot uitgelewer lewe se dobbelspel I nsit uithaal opstaan neergeploeg S woeg-swoeg en sweet spartel-spartel P loeter of lag ek voort? A semhaal in uit besef als is net D éigratia … ©Anita van der Walt 18/01/2022