’n Storie uit Donkerbos
In Donkerbos, so omstreeks middernag (geklee in ’n tutu van wit satyn) het ’n feekind met ’n vrolike lag in ’n ou kalander se mik verskyn. Die maan het sy in haar palms gehou en met kale voet, op haar toontjies fraai (onder ’n hemel wat indigoblou) gewals, ballet en om-en-om gedraai – so al […]
DIE KEISER EN DIE APPEL
DIE KEISER EN DIE APPEL Kaptein Mirnako sit styf en stram op sy sitkussing. Voor hom sy oggendmaal waaraan hy slegs gepeusel het. Sy drinkbeker het hy glad nie eers aangeroer nie. „Jy moet sterk wees, Silaki. Jy weet waar die geld en die silwer beker in die bos begrawe is. Wag tot na die […]
Verhale van die Oniks Labirint Vuur in die Donkerte
Blaze trek haar kappie mooi op soos sy die koue tonnels binne tree wat dieper in die Labirint in lei. Partykeer dagdroom sy oor hoe dit moet wees om êrens te woon wat oop is en nie onder die oppervlakte van die aarde is nie. Sy sug soos die bedompige lug haar omvou. Die reuk […]
Die doodste dood
Die doodste dood, deur Stephan Uys Al my kennis en ervaring rondom die dood van ʼn kind is alleenlik gegrond op gesprekke met ouers wat hierdie hartseer hel deurleef het. Ek trap dus versigtig, want ek is bang ek trap stukkende harte nog meer stukkend. Taalkundiges leer ‘dood’ het nie trappe van vergelyking nie. Volgens […]
SIRKELS – Opdrag 5
SIRKELS kale voetjies sirkel spore sirkels rondom my soos jy groot word kring die kringe wyer en wyer vinniger al vinniger te vinnig om net een oomblik stil te staan by my draaie groter elke dag verder warrelend word jy om my ‘n skimme streep ‘n streep wat later heel v e r d w […]
Ag, freakin’ vyeblaar, tog! (Opdrag 5)
Ek het oortree, buite grense, bo-oor die tou, binne-in die bol getrap. Ma skop onderlangs, want Oupa gooi sy loer: Ek praat te veel en kinders moet STIL! Dan bly ek in my hollow Hobbit-huis (dis so veilig hier). Tog glip ek soms nog uit en glips ek altyd weer!
Genade (OPDRAG 5)
in die oë van ‘n kind neem ek telkens waar ‘n stukkie van U vaderhart staar in verwondering na die son wat soggens die lug met lemoenstof kleur dan borrel my wese oor van dankbaarheid voel ek skatryk en geseën want U liefde is onbeperk (dié) voedingsbron waaruit genade vloei ©Driekie Grobler
Die maan se speelgoedkas
jou laggies was jasmyn wat huppel oor die gras kosbaar ons samesyn toe jou liefde net myne was elke aand met slapenstyd moes ek storietjies vertel van prinsesse en jolyt die hemel en die hel Refrein: dan sing ek sag vir jou van droomland en onthou dat lugkastele pas in die maan se speelgoedkas nou […]
Winter
jou koue vingers omklem my jou winterhande laat my bibber van seer jou koue asem waai deur my wese winter proe koud op my tong ‘n blokkie ys sonder smaak wat afgly In my ingewande nesmaak deur my gebeentes sny maar jy bring ook die smaak van lemoen die soet-suur herinnering van sproeireën op my […]
O tyd … o tyd, staan stil (OPDRAG 3)
tik-tok, tik-tok vreet ou langeraat die sekondes op hou ons daagliks onverpoos aan die draf, sonder rus of stop met ysere klou, klou hy verbete aan ieder en elk se gewete toon wynig simpatie of genade vir slakkepas se agtergeblewe dade ‘n horlosie dié wil ek hê uniek, sodat ék self kan hê ‘n sê […]