Vir Madelie: borrelende blydskap
ek’s ‘n lugbel vol verblyding die ruimte langs en om my so arm en skriel al die vreugde binne my gepers gelaai en borrelstevol van hou uiteindelik is dit so bly om uit te bars en deur te waai oh joy! tot waar my hart in jou hande is soos klei © Charleine Collins 2 […]
Toe (Brons)
‘n Slot is ‘n slot en die slot is die slot. Die een maak toe, die ander is ‘n einde. Met ‘n geenpoel riskant het dokter die fabriek maar afgebrand, en met die uitsny verseker dat ons geen lote kry. So as bloedjong vrou word ek ‘n sportmodel. Almal terg my stuitig, tog bly my […]
Soos bloed 3. Sprokie vir ‘n babakind
Sneeuwitjie is in ‘n glaskas styf vas teen my bed. Oom Dokter sê sy is gesond, die sonarboontjie sonder smet! Maar – anders as die storie – is sy sag en donsigrond en oral rosig rooi. Haar haartjies wit soos sneeu, lyk niks na ebbehout en ogies sluit nog die geheim van blou en vrolik […]
Soos bloed 2. Aborsie is nog aborsie
alleen moet ek toilet toe gaan, dis donker in die gang, al is dit na middernag, ek sweet, skielik hartverskeurend bang ek is hier en nie ma of iemand lê op baas se baadjie en dis koud, my lê fetaal, ineengekrimp, vol weet dat my skoot weer iets misvorm dra dis twintig weke en iets […]
Soos bloed 1. Jacobus se sindroom
honderd en vyftig nes jy, globaal in ‘n historiese bitter anaal – só spesiaal is jy vir ons gegee en ons dus ook vir jou, aldus ‘n besluit van die Heer vir die vol krag om dit te vat sê ander wat dit nooit sou hanteer die water van lewe en die dood het gespuit, […]
Liewe Antie Koot 1283 woorde Brons Gradering
Liewe Antie Koot, Antie is seker baie verbaas om van my ‘n brief te kry, ha? Ek sien sommer hoe gryp Antie die kop vas en gaan sit op die stoel met ‘n ‘Haai mens!’ en roep dan eers vir ‘n koffietjie. En ag, dan sal Antie wonder nou hoekom het oom Koot nie tog […]
DEON HEUNIS DE WET
Ek is in ‘n staat van verstomming! Die Engelse woord ‘astounded’ (shocked, or greatly surprised) is dalk ‘n beter verklaring van my huidige emosies. Ek hoef jou nie hierdie mannetjie se storie te vertel nie, want wie op die hele aarde ken dit nog nie? Klein Dehan is Donderdagaand deur hierdie ontsettende giftige zebraslang gepik. […]
BY DIE DOOD VAN ‘N KIND
Ek het grootgeword met die wete my sussie is dood. Sy is dood. Sy is in die hemel. Sy is by liewe Jesus. Weg. Ek gaan haar nooit weer sien nie. Sy is dood vir altyd. Die storie agter die storie het my nooit gepla nie. Ek was te klein. Ek was in elk geval […]
Bedorwe brokkie
Met haar getinte sonbril opgetrekte wenkbroue en ‘n geplooide mondjie sal sy mos sowaar sê “wat kyk jy?” Haar glurende helderblou oë met ‘n “maar ek dink anders” houding sit sy met opgetrekte knieë en gil verruk vir elke nuk Sy kry haar sin met alles ‘n regte klein snip te groot vir haar skoene […]
AS ‘N KIND
AS ‘N KIND As ‘n klein kind het ons moerbeie verslind toe raak ons baie slim om in die moerbei bome te klim ons monde het gewater en kon nie wag tot later soos ‘n vuil morsjors smul ons aan ‘n soet moerbei tros dis ‘n groot pers gemors jou hande is orals vuil bemors […]