
DEON HEUNIS DE WET
Ek is in ‘n staat van verstomming! Die Engelse woord ‘astounded’ (shocked, or greatly surprised) is dalk ‘n beter verklaring van my huidige emosies.
Ek hoef jou nie hierdie mannetjie se storie te vertel nie, want wie op die hele aarde ken dit nog nie? Klein Dehan is Donderdagaand deur hierdie ontsettende giftige zebraslang gepik. Die medici het geen teengif daarvoor nie en sy toestand was onmiddellik kritiek. Oor al die mediese terme en feite wil ek glad nie hier uitbrei nie, want ek het nie die kennis en/of insig daarvoor nie.
Nou vra jy my seker wat is dan die rede vir my groot verwondering? Seuntjie is nog altyd kritiek in die hospitaal, dan nie? Ja, ongelukkig is hy…
Vrydagaand kry ek ‘n whatsapp uit Suid-Afrika: Bid asseblief vir hierdie seuntjie. Ek antwoord dat ek hom ken en ja, ons bid. Die boodskappe hou nie op om in te stroom nie. Van letterlik oor die hele aarde word gebedsgroepe gestig en kom mense saam om te bid.
My hart is aan die bokspring!s Sien jy dit ook? Geen kultuurverskil, geen politieke oortuiging, geen taalverskil, geen NIKS is nou in die pad nie – almal praat net een taal; en dit is om saam te bid vir hierdie klein vegtertjie.
Ewe skielik het ons al ons verskille van gister vergeet, want vandag vat ons hande in gebed vir klein Dehan. Wat ‘n wonderwerk is besig om tussen ons te gebeur. Vriend en vyand, vreemdes en bekendes bid nou saam.
Die heel nuutste boodskap van sy pappa: Die dokter staan nou hier en se dis ‘n wonderwerk dat hy nog lewe. Groter wonderwerk want sy stats se daar is iets om te behandel want iets is besig om te gebeur! Ons begin weer met fluids!!! Die gebede werk!!! God is besig met iets!! Hou asb aan bid!!! Die dokter smile en frons en gooi sy arms rond want hy verstaan dit nie!! Loof die Here die ALMAGTIGE GOD!!!
Die ding wat soos ‘n paal bo water staan: Waar God werk, kan niemand keer nie. Mag Hy hierdie seuntjie gebruik tot sy eer – vandag, more en vir altyd!
Die klein vegtertjie is oorlede op Maandag, 11 November.
‘n Nota van sy pa:
Ons gaan ‘n trust stig. Deon Heunes de Wet Antivenom Trust Fund. Even in death, there is life! Ons sal die wereld help in die Naam van God om mense reg oor die wereld te help teen slangbyte. Ons is besig om nog alles gereed te kry. The world will know that Deon Heunis de Wet LIVED against ALL ODDS for 108 hrs after being bitten by a Zebra snake, capable of killing 2 adult men relative to the circumstances. Ek offer my kind aan God, soos Abraham, met die groter prentjie in my hart. Dankie vir julle liefde en gebede.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Uitmuntend en ja....astounding!!