Slegs vir babas
lekker slaap my engeltjie die donker is nou hier daar buite word die hemelruim met sterretjies versier êrens speel daar feetjies en kabouters in die nag in jou soetste droompies sal jy hoor hoe hulle lag vergeet maar van die duiweltjies want pappa sal hul vang mamma sal hul stertjies knoop en hul aan doringtakkies […]
Nog ’n donkerbosstorie
Nog ’n donkerbosstorie ’n Feetjie in ‘n fraaie rok van skitterwit satyn het een aand omstreeks middernag in die donker bos verskyn. Die lug was koel en wasig die hemel byna swart en in die mik van ‘n ou kalander het die feekind gestaan en lag. Sy had geen skoene aan haar voetjies klein, haar […]
Oums se meisiekind
Narissa woon in Modderpoort – daar waar die beeste áldag wei deur die lang gras van die Vrystaat en in paadjies by haar huis verby. Hoe blou is tog haar ogies en haar haartjies fyn en blond; haar lippies alte rosig, haar wange soensag en gerond. Sy het ’n babasussie (die kleine Luandé) en wanneer […]
Vlerke
Jy sal nie, jy kan nie Wie is ons om vlerke te knip Om klopende harte te verander in klip Wie gee ons die reg om vlerke te neem Die merke wat agter gelaat word te smeer Die tipe “grootmens” ekseem te beheer Ons leer onbesoedelde gedagtes Daar is geen ander manier vir enige probleem […]
Vlugteling
presies 5:30 am word sy wakker die lewe bloei deur haar are sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien maak ham en kaas toebies vir skool dek die tafel vir ontbyt maak die kinders wakker en vat vir pappa koffie in die bed maar in haar kop is ‘n kannibaal; ‘n wegloop hond huil […]
NUWEJAAR
NUWEJAAR Pretoria stad se liggies flikker soos helder flitsies skyn dit wyd oor die Jakaranda stad ek droom oor my lewenspad ons tyd gaan vinnig verby gaan ek en jy ons drome kry met pyn en hartseer gelaat Oujaarsaand het ons pas verlaat in die donker staan almal en gluur gekleurde vuurwerke word afgevuur op […]
Die nuwe dom
Oral bepaal almal iemand is dommer op ‘n skaal. Die geslag wat nog die 3 R’s ken, reken die onmondiges tree terug na ‘n grot, terwyl jonges tune oues is nie streetwise nie en hopelessly e-toe. Brunette sê die blondes het dit net nie en plattes sien rondborstiges as wulps en totaal vlak. Nerds dink […]
Generasies 2.: Die anderkant van klein dorpies
Dinge lyk rustig en gesond op die platteland. Dis goed vir kinders en alles loop hand aan hand met die welsyn van die mense en elke gesin. Tog, tussen onbesorgdheid so vry en volslae ondraaglike waansin, is daar dikwels net ‘n voordeur wat skei. My pa was briljant, en lief vir my, maar soos sy […]
Griffioene vir die Wen
Die skare juig. Almal is geklee in hul span se kleure. Reuse naaldekokers, geverf om by die verskeie spanne se kleure te pas, staan reg om hul span se plek in die wedstryd te merk. Die hippogriewe proes en gooi hul gesnawelde koppe trots in die lug. Die jeti’s grom; almal klap hul hande oor […]
Almal betaal sê die wet
……….....D ………..…R …………..u druk k KURD tot my borrel bars soos jy sê ek is ‘n d D D r r .R u u U p p P op die sinkdak Spreukevrou, […]