Opvoedung 2: Twee Kinderspeletjies
Deesdae kom ek al hoe meer in die genot van „Outoppie-vergaderings”. Da kom meniges na bo wat ek miskien al vergeet het, ook heelwat wat ek nie geweet het nie. ‘n Paar van die dinge wil ek maar opteken. Ek het al vertel van ‘n samekoms waar iemand volgehou het om na te vra tot […]
Integriteit is nie te koop nie (Opdrag 2)
Sondag voor in die kerk gaan jou stralende skynheiligheid blindelings ongemerk gebaadjie en gedas met Gucci uit jou kas en ‘n vet rol tiendes om jou gewete blink te was want Maandag by die werk tref vlymskerp vloeke sterk verneder en vergil jy almal op jou pad Tussen die armes van gees mag jy ‘n […]
Onreg
Kom haak aan my hart ‘n lanfertak sodat verbloem kan word my diepseer smart. ©Driekie Grobler
DIT IS (GLO EK) WAAROM GOD EGSKEIDING HAAT
Ek sien hoe frons jy. Ja, jy dink by jouself: “Martha Poller, wat weet jy van hoe swaar ek gekry het en wie gee jou die reg om jou mond uit te spoel oor iets waarvan jy niks weet nie?” Kom ek stel jou gerus. Hoe lui die spreekwoord nou weer in die Engelse taal? […]
Vir aandag: Jaco Jacobs – Opdrag 1
Geëerde meneer Na ʼn ewigheid se sukkel en soek na unieke karakters vir my eie kinderboek gee ek die stryd gewonne, (besef my pogings was onbesonne) want nêrens bestaan ʼn mens, ʼn dier of ʼn vreemde kreatuur wat nie reeds in jou verse pronk nie. Vervolgens word versoek: Kan jy jou verbeelding nou op hok […]
Glapte pad
‘n pad wat my vêr terugvat op ‘n grasgroen kindwees huppel pad die onskuld droompad van ‘n kind wat geglo het as jy soek sal jy alles vind klippiespad van grootword en baie vrae vra skerp klippies wat voete steek as jy nie skoene dra die ligpad van verlief wees van weet jy’s nie alleen […]
Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind met my arms gevou om my kind my siel verstaan dié heilige liefdesdou van soete woordjies wat aan my wese klou. Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor hoe haar […]
Vir ‘n prinses
Goud Punt jou tone teen die blou; kyk hoe lief die winde jou voete wat soms kaal is en soms hoëhakskoene dra. En sou ’n prins jou ooit kom vra om sy goue ring te dra – soek diamante in sy oë, vra hom of hy glo in die liefde, of hy omgee vir die […]
Een middernag in Durbanville
Bo Durbanville se strate het die middernag se maan in silwergeel geglinster op haar eensaam wentelbaan toe ‘n dikkop met haar kuikens vanuit die niet verskyn benee ‘n donker hemel – en die volmaan was aan’t kwyn. Haar vlerke het sy wyd gesprei om haar kinders te verskans teen die skerp straal van ‘n koplig […]