Om andersom te bid
2 Kor 5:1 – “Ons weet dat wanneer ons aardse woning wat maar net ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dis ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan.” Hier waar ek sit en wonder onder winter se nat […]
Vir Katrein
Vir Katrein Hierdie reis kon sy nie keer met haar vlerke trillend oopgestrek om die wieke van ‘n noordewind te vang hang sy halflyf aan haar spasies en ruimtes wat heelal om alles en almal. Met wilde woorde wat wakker lê in haar mond (om nimmermeer tot stof te keer) flap sy vere uit Walhalla […]
Help Die Mal Vrou Skryf
Help die mal vrou skryf met haar pantoffels en bont truitjies, ‘n sigaret wat helder brand en ‘n glas wyn in haar gekreukelde hand, Help vanaand die mal vrou skryf met Neil Diamond plate wat in die agtergrond blêr en die drome van ‘n verlore liefde in die wereld so ver, Help die mal vrou […]
ONTPLOFFING VAN VRYHEID
sonder om my letters te kompenseer het jy my sinne soos ‘n epigraafgod moeisaam gemoduleer – reëls in vers gekomponeer strofes gesinkopeer deur ril-resoneer maar, kyk! daar val ‘n veer my pen het met Vryheid gekopuleer en sy rebelse ink oor blaaie g e ë j a k u l e e r
VLERKLOSE ENGEL
o, engel jy met gebroke vlerke wat in die stiltes standbeeld in eens gewese paradysgalery; meesterstuk van soorte is jy in die skadu’s van jou – selfgestruktureerde – lugversorgde donkergraf perfekte klanke van n u t t e l o o s h e i d weergalm deur jou ywerbid langs ‘n vergulde altaar daar […]
Wonderdroom
Sy het geslaap, onder ‘n boom vasgevang in ‘n wintersdroom. Dit was ‘n versterde stem, van ver wat bẩẩh-blah-blah soos ‘n bok sonder bler. Sy wou so graag weet hoe om te gister vergeet. Haar hand het sag rond ge-aai; traan-langs geskoppelmaai. Soet het haar siel gebloei asof sy met Goliat stoei. Verwarring het haar […]
NAWEEK: Olifante
NAWEEK: Olifante Vroeër het die mense geskryf. Ek meen op papier. Álles was toe hardcopy, daar was niks soos „stoor” en copyandpaste en al die dinge wat ons nousedae het nie. Vroeër het mense koerant gelees en boeke en soiets, nie soos nou nie. Dit was die eerste inleiding, die tweede volg: Soos by die […]
Hou die mooi
“Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us or we find it not – Ralph Waldo Emerson” Só staan sy toe staar na die sterre skitterend oor die donker nag; een vir een pluk sy hulle sit dit in haar sak, want soms is die dag so […]
Terstonde Drange
Hierdie keer sal ek probeer om die stiltes in my binneruim sonder taalpatrone of lyne oor my naakte lyf; net vir jou om te keer. Want vrolik en vrouehartig wurm ek in walms van wanhoop- deurdring met diep drange om my onverdeelde hart te oorwin. Hierdie keer sal ek regtig hard probeer om saam met […]