Dis sulke doef-doef geluide.
Vrolike spierwit skoenlappers smash een vir een vir een v i r e e n teen my windskerm en skiet gate in my hart. @ Anria
Ek is die storm in jou.
Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel vernietig. Ek sny jou met my warrelwinde en maal jou gedagtes fyn. Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel verpletter. Ek breek jou hoë mure af tot op die grond en laat jou weerstand verbrokkel. Ek is die storm wat […]
Die mooi van die donker
Ek weet ek smag na die passie en die hunker die verlange van voel terwyl ek moet lewe om te strewe na vrede en rustigheid maar ek soek die seer van (te) lief wees en na die vraag binne jou wat ook in my is terwyl ek weet ek moet vergeet van die magiese donker […]
DIE FOTOGRAAF
al wat hy vra is die Kgalagadi gee hom net die stof en die sand vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin en die grou van die lug bo ‘n rant stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk al stromp’lend op sy laaste vier bene alvoor […]
Jou musiek
My gebroke siel ( wat vol fyn krakies wat gebreek en halfhartig gelas – wat haar beste probeer het om heel voor te kom maar steeds in stukke was ) het geheg die dag die oomblik toe ek jou die eerste keer hoor sing het – jou stem die passie in jou stem die voel […]
Die volgende dag
… en die wolke Altocumulus in die hemelblou lug terwyl my hart skree van pyn want jy het my weggegee al weer en my mond glimlag want die wolke is so wit teen die hemelblou lug terwyl ek weet ek moet vandag mos eintlik al beter voel want vandag is die volgende dag na die […]
Klein Karoo
Klein Karoo oopgeslinger lê die vêr vlaktes van die Klein Karoo al wat oorbly is aardse eerlikheid en jou altydgeloof kneukelvas staan spatsels gyl ghwarriebosgroen krudorings en diksappig fynbosblaar deur wortelskroef versoen klipdekades gelede is jou wydheid só gekompak met plat rotslaag na laag verleen vorm aan jou klipgebonde beeld afgerond met graniet stoflik grond: […]
‘n Donkerrooi steen
Gisteraand het die maan ontplof dit was ’n helder slag soos die flits van ’n kamera in die nag … al wat nou oor is van die maan – ’n donkerrooi steen wat gebroke in die donker lug hang – Die slag se krag was so sterk dit het tot op die aarde gestrek en […]
Die rooimaan droom.
… en dit was so duidelik soos daglig (al was dit in die aand) dat die seer wat ek gedink het gaan my breek het my toe skaars geraak. Jou houe en woorde en vloek op vloek op vloek het nie die eerste laag van my bestaan deurgedring nie. … en met ’n glimlag om […]
Jy was die redder van my …
Ek wou nie maar ek het weer oor jou ’n gedig geskryf maar ek gaan dit net halfhartig hier noem. Jy was vieslik en onredelik ek het genadiglik myself hieruit gered. (2016/02/18 @ Anria)