Kom, laat ons INK
Nou, na 6 maande van INK, slaak ek ‘n sug van verligting. Dankie tog vir ‘n blad soos hierdie. Enige persoon wat dit geniet om te skryf, maar wat terselfdertyd ook ernstig is oor sy/haar skrywery, kan net baat vind deur op INK te publiseer en te lees. Ja, mens kan jou skryfsels op fb […]
lettergreep
Ter inleiding gryp ek na spasies om semanties halwe woorde te ontleed vir beter begrip, sodat ek subteks in konteks kan hou wat die los bande tussen letters sinvol sluit, selfstandig as slot
Saphira die Magtige Feëtjie Hond
Saphira en Cian sit langs mekaar op ‘n duin en hou Eolande dop waar sy skulpies op tel. Die Feëtjie Hond het haar towerkragte gebruik om haar beskermling in waterdigte skoene en broek te klee. <Om haar so naby aan die see te sien maak my onrustig,> sê Saphira. ‘Hoekom? Die Selkies sal nie weer […]
NAWEEK 2: ‘n Altaar groter as die kerk
Twee kinders speel in die duitse kleindorpie se enigste straatjie, op en af, heen en weer. Hulle stap aan ‘n gestapelde klipmuur verby, van die soort wat gebou is voordat daar draadheinings was. Daar sien hulle hoe allerhand plante daaruit groei, kruie wat sterk ruik, bossietjies met bessies, verskillende veldblomme en, siedaar! – ‘n rosie […]
Tussen reënboë en doringdraad
silwerson en donderwolke daar bo die baksteen woonstelblok klou ‘n kolgans in die weswind aan omber teëls en dak se nok waar die boulevard oor die N1 baan sal winterlelies weer so geilwit staan nóú sirkel duiwe in hul wydste draai verby ‘n blouvalk en ‘n wegvlieg kraai * ek weet – die lewe loop […]
Godgeskilder
Vanaand wil ek ‘n gedig vir jou skryf Want ek weet jou hart dra swaar Vanaand wil ek ‘n woordprent verf En ek hoop dat jy sal staar Kyk op na die hemel Maak ‘n wens Droom van die liefde so sag Laat God jou optel En jou vashou Laat Hy die skilder wees van […]
Doka
Strale val subjektief oorbelig op vers formaat geprojekteer deur negatief as bundels swart en wit in die lens se objektief om sigbaar vergroot te lê, in die donker as ligsensitief Gebeeld en gebad op papier, fikseer ek grief en lief wat ontwikkel as emosie gehang en gedroog as brief
Die Meesterstuk
ek staar na jou meesters werk geen kreatiwiteit was ingeperk jy het dit skelm vir my geskilder so perfek geskep vir my jy het my hart so goed geken die vissers wat spook met ’n net die horison in pienke gekleur oilskins weerkaats groen in die water die vissers lag so lekker oop bek en […]
Namakwaland
‘n Strook aarde sanderig, ruim en oop. met besonderse mense wat oor hierdie stukkie aarde loop. Die reuk van sout of dassie-pis teen die klip se rand verberg geheimenisse van Namakwaland. Dikwels vaal en droog hou elke dorp sy kop omhoog. Sy warm asem wat ruik na vars woestyn eiesoortig uniek, dis God se lente […]