Klawers Vol Liefde
Op die strand staan hy, blinkswart geklee. Sy grootsheid strek verder as die blou wye see … Uit sy klawers van ebonie en ivoor, kom klanke van liefde, ‘n eng’le koor. Dié swartglans-wonder herinner aan jou; aan al die mooi waaraan ek vashou. Opgesluit in klawers lê ‘n wêreld vol prag … Jy’s nes ‘n […]
Aandag Admin
Kan iemand asseblief Februarie se liefdesprojek byvoeg by die plasings kriteria?
Stad van die Kinders, Stad van die Voëls
Stad van die Kinders, Stad van die Voëls Dis hoogsomer en ons kom laataand in die Park Hotel aan. Dit was ‘n lang, vermoeiende dag op die pad, en na ete is alle reisgenote bly om vroeg te gaan slaap. Die TV het niks om aan te bied nie, en ek maak gou lig uit. […]
Resensie: PAULA, die film
Resensie: PAULA, die film Die lewensverhaal van een van die betekenisvolste skilderaars van die ekspressionisme — Paula Modersohn-Becker (*1876 Dresden, †1907 Worpswede). Sommiges sê, dis ‘n „biopic”, andere weer dat dit „aangeleen” is aan die ware biografie. Die regissieur self het gemeen, dis nie soseer ‘n biografie nie, maar hy vertel die storie van ‘n […]
Pablo kom uit Latyns en beteken jongste
Pablo kom uit Latyns en beteken jongste – – – Talente Pablo Picasso het gesê: The meaning of life is to find your gift, the purpose of life is to give it away – – – Elke mens het ‘n talent of gawe ontvang om uit te lewe of van te lewe, vir eie sielsverryking […]
#Nataliamaythemusicbewithyou
en jy wens jy was ‘n punkrocker met blomme in jou hare ‘n hippy met ‘n lang romp aan uit die sestiger jare maar ek wens jou meer as net nog een in die skare ek wens vir jou ‘n punkrock song en vlegsels in jou hare * ek wens die eenvoud van ‘n solo […]
Penastrofie
Die taal wat my bors oop skeur klief strategies en presies om denke te dissekteer met minimum ink verlies Vasgespalt lê my hart in frases wat allitereer om sin te maak van smart soos letters op lip vibreer Rymende vers wat die hart ontsmet rou rowe word in sinne droog bloed stol gou as jy […]
Meesterstuk
Dit was soos kuns Wat gewag het om te gebeur Dit was perfek: Die musiek Die sterre Die alleen wees Jy Gegryp wat ons kan Voor die tyd als weer kom wegvat Gedoen wat ons kan Met die bietjie van onsself wat daar was Dit was soos kuns Wat gewag het om te gebeur Toe […]
SHOWVILLE
dis Showville in Bethulie en die hele dorp is daar op stoele netjies uitgepak – in rye – langs mekaar daar’s ‘n poet en ‘n sanger en drie rappers wat moet spook want die vyfman wat pantsula dans die houtvloer aan die rook maar buite in die kampkerkhof tussen graf van kind en vrou sit […]