2017
Is dit eers as ritmiese refleksies van die lewe rookseine uit jou asemsnare ruk; dat die werklikheid tasbaar raak wanneer woorde bloei oor jou wese – geskandeer tot klankbedrog in waaigras. Is dit eers as simpatie vereenvoudig in simmetrie; woed deur die klankbaan van wat jy voel dat jy die reuk van realiteite sien rym […]
Limpopo onbegrens
(Sy sien nog soms die beeste sy hoor hul klokke lui – die klongelklank wat willoos oor alle grense gly) LIMPOPO ONBEGRENS klongel-klongel praat die klokke – “Groot Limpopo ons hang hier om die nekke van jou beeste tussen oewers oor die grense deur die droë loop van jou rivier. Aan die oorkant op jou […]
Kammalandse tannie*
Sy bak koekies vir haar blou koekblik, sy geur dit met amandel. Daar buite vlinder vlinders deur die vroeë môreson. O, die winterwind is stil vanjaar die wolke tint laventel – haar oë duif oor die vaalberg na ‘n ander plek en tyd. Sy onthou weer ‘n lankgelede, ‘n vrou wat jonk en mooi was […]
Junie 2017-projek -EERSTE
8 vm., 1e. Junie 2017 Junie 2017-projek — FAK Eerste! Die Hiefel en die Fiefel is op besoek by hul kammalandse Tannie in haar bosveldhuisie. „Ag, Tannie, sing jy van blomme vir ons.” „Kinders, kinders, díe tyd van die jaar is alles gevries. Kyk, selfs die bye moet pollen-ys lek.” Fluit-fluit, my storie’s klaar. Eerste! […]
Musiek en my Siel
Onder die dowwe wit van ’n nuwe maan, skaduagtig verwinterde populier takke en droё blare, sit en luister ek, nostalgies ontbloot, na die sovele gisters van my lewe. Musiek … die heler van die gees, ook die lang pad van onthou. Die glimlag en die traan, verweef in die vervorming van ‘n siel. Sugar man, […]
Sing jy van blomme
Nou dat sy gaan na die stil ongebraakbaarheid van yl vergetelheid– lywig van buite; (met bitter min wat binne agterbly) nou wil hy die afstande verwens waarin hy haar metamorfies gekelk het na sy somber sin; net om sy hande in haar onskuld te was haar waters van rus troebel te laat bloei met jou […]
Soet-soelige musiek
ek hunker na troosende toonhoogte sien klassieke klavierklanke en veersag viool vryfklanke ‘n manjifieke Mozart simfonie ek hunker na barbaarse geraaskleure sien dromme doef-daf en elektriese kitare katang ‘n onmusikale ongewenste geraas maar ek sien elke noot sing perfek soos ‘n meesterstuk musiek is ‘n soet-soelige druiwe vir ‘n dowe sielsore ©Roeline