Alles is wel
Alles is wel Daar is soveel oorloë en onrus elders maar hier in my rustige kontrei sit ek in vrede op die heuweltjie en tuur oor die geelryp koringlande weids soos ‘n savanne koringsee en kyk hoe die briesie dit glad stryk, eenkant toe waai soos jy hare kam en ek wonder toe so by […]
~ So kom ons om, so kom ons om ~
bamboeswalms soutloop deur vleuels en laagmis sleep hanggat vooruit, betrokkenheid van ‘n vissersdorp se spuug voor wêreldse pretensies, ghwel teen randsteen en teer – vis en tjips papiere hang soos vuil gedagtes teen platgetrapte drade; arm kinders pie in die see en skree oopbek vir daddy om die hondsdol hond te keer wat knaag aan […]
~ Winterkind ~
triesterig windvlaag gryse sproei teen my skene en ek groet die prikkelprins van lente deur lippe wat oopvou onder klamme lus palms reep in bruine teen ‘n armdruk wind en sink die son tot anderkant môre, vandag is uitgeklaar vir miskomberse, kaggelvure en winter se laaste vingerstreep in ‘n byna uitgeloopte jaar om te sluk […]
~ Dal Josafat ~
‘n grotesk gepleisterde muur grens tussen gebreide boorde en krultoon krommings van ‘n lila berg – ‘n nimmereindigend stryd wat inspanning verg (sou ek reken) my taal fladder soos laatherfs deur kaal gestroopte eike, versteende lawa blinker oor die vallei – ewig roerend die alfabet binne my (so voorspelbaar) nikotien deurdrenk leun ek deur Afrikana […]
Die Wiel Draai
Die Wiel Draai Ek is ‘n bakkiespomp, ‘n skepwiel, verlangs familie van die gewone rubberwiele waarop motors vorentoe en agtertoe beweeg, maar ek is ‘n waterwiel en draai immers net vorentoe en my bakkies vat water na ‘n hoër vlak Aldag in die rondte, al in die rondte is dit skep en gooi , skep […]
Doortjie
Een dag lank, lank gelede, was daar ‘n koei met die naam Dubbeldoor. Dubbeldoor of Doortjie soos sy ook bekend staan, was gebore op ‘n melkplaas buite Bonnievale. Sy het haar naam as ‘n klein kalfie gekry toe die boer opmerk dat sy twee uiers het. Dit was een van die vernaamste boere in die […]
Bitterbos
Ek onthou ‘n tyd van volop weiding – genoeg vir al jou skape wat (in oorvloed) meerling lammers lam. Ek onthou die byna purper wolke en jou blydskap oor die waters wat blinkblou stoot verby die oorloop van jou dam. Maar die velde lê nou immervaal. Waar die vleie eens gevloei het kraak die klei. […]
Resensie: HANNA SE REIS, die film
HANNA SE REIS, die film Nog ‘n film oor Israel – hierdie keer oor Duitsers in Israel. Nie net dat dit gedeeltelik in Tel Aviv gedraai is nie, maar ook ondersteuning van ‘n israelse filmowerheid gekry het. (In die dankeslys aan die einde van baie europese films kom die name van mense en organisasies wat […]
Heilige ibis*
Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – dáár waar […]
Die Reën Het Gekom
Die Reën Het Gekom Met die natuur verfris onder‘n reënwaterstort is die donderbui weer ewe ongeërg vort en reënboogkleure fleurig soos uitgespreide poustertvere keurig belyn koepel oor die wolkehemel en met lewe wat weer opflikker, wemel en huppel dit oor elke kosbare druppel wat red uit die droë snak van droogte se meedoënlose knak – […]