Tert se oom Martiens
Tert se Oom Martiens. Tert se Oom Martiens was ‘n lang sening van ‘n man met ‘n adamsappel so groot soos ‘n golfbal. Die ding het my selfs as kind al verskriklik gefassineer. Soms het die affêre doodstil op sy plek gehang. Amper soos die Maan op ‘n volmaan aand in die hemelruim hang. Ander […]
Lazarus en die ryk man.
Lasarus en die ryk man Dis nog donker wanneer ek in die sitkamer gaan sit. Heidi, die Jack Russel tefie, kom klim op my skoot soos sy elke oggend doen. Ek vat die Bybel van die tafeltjie wat langs my staan. Deur die venster sien ek die tuin en ek hoor die vinke se getjirp […]
SMS
’n Blaar het geval. ’n Herfsblaar soos jou boodskap. Die herfswind het hom losgeruk van sy stingeltjie en hy het tollende, wiegend met die son wat goud glim deur sy rand, af gedrentel voordat hy saggies, soos ’n gedagte, soos die asemhaling van ’n baba op die donker water land. Die rimpelings het byna onsigbaar […]
Hond se gedagtes
Hond se gedagtes Janee, ek moes dit geweet het. Daai klein bruin bliksem moes nie hier kom rondsnuffel nie. Die baas het hom gesê om te voesek, maar hy het teruggekom. Ja, in dieselfde nag het hy weer deur die gat in die heining gekuip. Ek en die susters het hom ook gesê hy moet […]
Krismis konsternasie
Ding dong, lui die klokkie by die van Tonders se woning. “Pappa, gaan kyk gou wie dit is. Ek is in die kombuis besig!” gil Susan, uit die warm kombuis terwyl sy die sweet van haar voorkop afvee. Sy weet nie of dit nou die oond se hitte, of haar oorgangsjare is, wat haar vandag […]
Bennie en braaihoender
Benny en braaihoender Goeie raad vir enigiemand wat in Afrika reis en in die straatrestaurante wil eet: Kyk hoe besig die plekke is. As restaurante besig is, dan koop hulle nuwe produkte in, anders word Maandag se braaihoender Dinsdag se hoenderkerrie en Woensdag se hoendersop. Ons het by vriende uitgevra en is uiteindelik verwys na […]
James Bond en die Stomp Aap
James Bond en die Stomp-aap Zanzibar is die enigste plek ter wêreld waar ʼn mens die Rooi Stomp-aap (Red Colobus Monkey) kan sien. Eks nou nie ‘n aapkenner nie, behalwe vir my tuinwerker, maar hy’s darem nie so skaars hier in Oos-Afrika soos die stomp-aap nie. Mense betaal baie geld om na Zanzibar te reis […]
Negenneegentig eenvogels
Neenenneentig eendvogels Daar doer in die noorde, toe dit nog Noord Transvaal was het plekke soos Pietersburg en Alldays jou mooi verduidelik waar jy jouself bevind. Daar iewers het ‘n meisie se oom ‘n plaas gehad, en ons het gaan kuier in die bosveld. Een middag kom daar ‘n oom en ‘n tannie kuier, sommerso […]
Augustus
Daar’s melancholie in die Augustuswind, veral hier op die Hoëveld. Dis ‘n sameswering deur die stof van die ou myn-slikdamme, rollende koeldrankblikke, tollende plastieksakke en die histerie van verkeer. Die duikweg is donkerder, die wag by die kruising meer bedroewend in sy lang swart jas en die taxi’s ry stadiger as gewoonlik onwettig oor die […]
‘n Geroeste sleutel
Michael staan voor die spieël, sy borskas oop, die metaal hart se ratte en buise besig om stadiger te tik-tak-tok, die bloed stadig deur sy are te pomp. Sy hart, anders as meeste mense s’n, is geroes en die ribbe-agtige metaalomhulsel gebuig en plek-plek ‘n dooie roesbruin in plaas van ‘n gesonde grys-silwer. Hy tel […]