Bakkievissers
Dromerig sit en tuur ek oor die see nou dag op die Walvisbaai seiljagklub se stoep. Ek hou die voëls se manewales dop; seeswaeltjies wat met vinnige swenk- en duikslag ‘n vissie uit die water opraap, die ou pelikaan wat dromerig, soos ek, oor die water tuur, dalk ‘n middagslapie vat en die golfies wat […]
HEIDI
HEIDI met jou rooi rokkies spring kaalvoet sokkies wind waai eet oupa soppies happies vir happies hy kwaai hardloop met bokkies hoor al die klokkies sy swaai @Eleen van Deventer Vorster
Versprei
Sy behoort nie aan iemand nie. Sy behoort nie aan ‘n man nie. Haar siel is fyngetrap in stukke getrap lank gelede deur baie mense die stukkies het verpoeier en is opgeneem met die wind en versprei deur die heelal en soms as jy gelukkig is kan jy van die stukkies sien blink in die […]
Spore
“Tussen treine. Tussen stasies. Lê daar basies, net die leë spore” Ai daardie pragtige lirieke van Richard van der Westhuizen laat my gedagtes wye draaie loop. Treine het oor die jare diep spore ook in die Afrikanerkultuur getrap. Sedert die vroegste jare al maak ons liedjies oor treine – Die trein na Pretoria, Die trein […]
Inferno
Gebeure van lank, lank gelede begin die Oniks Labirint te affekteer. Die Kommandant van die Beskermers en die Heler is die oudste Feë daar – en hulle is net vyf-en-dertig. Steeds was die Drake Hof besig om te strek, die mag van die ander Howe te toets lank voor die vyftig jaar van vrede eindelik […]
Die pienk prinsessie
Die Pienk Prinses Die prinsessie in pienk het by die venster gestaan, oor haar sagte wang, biggel ʼn traan. Buite haar ruit gaan die lewe sy gang, maar sy’s ingehok, in ʼn paleis vasgevang! ʼn Ridder verskyn een dag voor haar deur, net één kyk na haar, en daar was geen keer! Hy het ouers […]
Die Blinde Tuinier
Die blinde tuinier Sy draai op haar rug. Op haar ouderdom spring jy nie net meer op nie, jy strek ook nie sonder om dit te oordink nie. Die glimlag lê wyd om haar lippe. Vandag is dit tuindag. “My lyf was nie seer is nie, my lyf is nie seer nie, my lyf gaan […]
Badtyd
Badtyd, deur Stephan Uys Die laaste keer wat ek gebad het, was…laaaank, laaaank gelede. Om die waarheid te sê, die laaste badsessie wat ek kan herroep was op my huweliksnag. As ek egter oor daardie storie praat gaan julle binnekort om ‘n sesvoet diep gat vergader, met die komplimente van die een waaroor daardie storie […]
Skenker
Skenker Al is dit Desember, is die wind snerpend koud. Dis moes iewers gehael het. Die reën swiep teen die ruite vas. Water hardloop in straaltjies oor die vensterbanke teen die mure af. Op die teer word dit poele, vorm stroompies, en loop in die afvoerpype weg. Die ambulans swaai met loeiende sirenes by die […]
Tydsberekening
Tydsberekening Daar is ‘n dik bank wolke in die weste. Dit lyk na reën in die laat namiddag. ‘n Drywer raak ongeduldig waar hy geparkeer staan met sy trok. Hy kyk op sy horlosie. Dis skuins voor tien. Hy moet sy vrag opgelaai kry, dit gaan aflaai op Hartbeespoort en teen sluitingstyd terug wees in […]