Ritme van genade
Ek het nie ‘n titel voor of graad agter my naam nie, is nie gechip of geskouer deur vernaam nie, dalk nie die mees berese of gelese maar beslis opreg in my wese. Ek is nie ‘to high to come by’ of daarop uit om onmin en haat te saai, loop nie met my kop […]
Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind met my arms gevou om my kind my siel verstaan dié heilige liefdesdou van soete woordjies wat aan my wese klou. Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor hoe haar […]
Herfsblom
Herfsblom is my naam in magiese skitterprag om helder te skyn. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]
Hoe weet ons watse boom ons is?
Ek blaai deur fb-blaaie op soek na tuin-idees. Iewers het iemand gevra wanneer hy wingerde, perske- en appelkoosbome kan snoei en hoe ver hy dit kan terugsnoei. Ek lees verder deur my Bybel en gaan soek die verse op waar Jesus van wingerde vertel o.a. Joh 15:2 Elke loot aan My wat nie vrugte dra […]
Vir ‘n prinses
Goud Punt jou tone teen die blou; kyk hoe lief die winde jou voete wat soms kaal is en soms hoëhakskoene dra. En sou ’n prins jou ooit kom vra om sy goue ring te dra – soek diamante in sy oë, vra hom of hy glo in die liefde, of hy omgee vir die […]
Towerwoud
Iewers waar kronkellote oor miershope en oor stamme van ou bome klou; waar droë gras en bossies lig se warm kleur vashou daar waar kooltjies oker vuur nog aan donker takkies gloei terwyl die laaste bietjie nag uit die skemer skadu’s vloei ontvou ‘n wonderwêreld waar soete elfwe graag wil woon – ‘n geweste waar […]
Vir die duiwe
Ek kyk hoe lê die wit mis om Simonsberg se voet; sien hoe pryk haar kranse teen die môrestond se gloed. Oor die dale, teen die hange is die daeraad aan die vuur; die Boland rus onskuldig in die geboorte van die uur. Elke oggend – wyl my paaie met die boulevard langs baan – […]
Iewers – waar daar skape wei
Sy velskoen trap ‘n spoor; hy vat die voetpad deur die gras en loop tot by dieselfde rots waar hy al soveel male was. Hy breek dun, droë takkies van die doringboom se kroon en bou ‘n vuurtjie in die veld op die plaas – daar waar hy woon. Die koffie in die kan bring […]
persoonlikhede
een draf langs die golwe ander stap stadig en rustig ek sit op my duin en bespied ander kom fluks met honde stap nog iemand kom toets breë bande meeste mense kom om stil te wees ander om ontslae te raak van stres tussen alles gaan see maar voort elke brander jaag tot op strand […]