afhanklikheid
op my duin skyn die sonnetjie heerlik skoon is alles na reën brakkenjan geduldig langs my sonstrale doen hom ook goed soos kinders is hulle in die huis afhanklik van ons kom en gaan maar verseker van hul bestaan wakker bewaak hulle onse tuis wanneer ons alleen wil uitgaan moet hulle eers mooi verstaan sowaar […]
Ons het nog hoop
om geloof te he kan ons berge versit ons naaste daagliks oor die klippe te dra om jou hart oop te maak en vir n ander te laat sing gee jou n rede om soggens die son te sien blink vergifins aan jou kwaad doener te gee n wrok nie te laat koester maak die […]
Nou weet ek, Ma
Sterstatus: goud Jy knoop my vas, jy bind my los met naelstringwoorde soos suikerbos en kandelaar, Komaggas en Soekmekaar. Jy kweek in my ‘n liefde vir ons taal. Jy hou my teë, jy laat my gaan, jy bly my by. En ek verstaan – die band wat ons gebonde hou strik sag, maar tog ook […]
rus
miswolkies hang laag oor duine snerpende koue winterwind loei stilte alom duin sak saggies neer op my duin plek van oordenking stilte weergalm oor nat seevlakte stadig draai wind sy rigting suid nou hoor ek ruwe golwe se geluid wat ruisend egos pos oor stil veld nag tuimel duiselingswekkend neer geen sterre kan gesig wys […]
lig
wanneer lig oplaas in rooi verwelk wanneer wolke saggies blom en styg wanneer nagwinde begin skeurend huil wanneer slaap my siel verdwaas in stilte wendinge van seisoene en getye rek wendinge van die lewenstyd wil krimp wendinge mense verdwaas laat vrees wendinge aarde in chaos laat kantel jou hart wil bewend staak van stres jou […]
Brose Baba
Denise kyk af na die klein wese wat op haar bors lê en slaap. Sy kan sy vinnige hartklop teen haar voel. Sy sluk swaar. Reën spat teen die venster en die stormwolke maak die vertrek donker. Skadu’s druk teen hulle. “Jy is so broos.” Sy vryf oor sy koppie. “Ek sal my bes doen […]
Sereen soos poësie
deur die ruising van die vrugwater om my klingel jou stem deur die polsing van die naelstring brand jou liefde deur my alles, ja alles in Afrikaans Moeder jou liefde in eg Afrikaanse tongval was sereen soos poësie en het my geseën in volrond woorde ja, my fondasie was vas en seker in Afrikaans ©Anzé […]
Mamma
MAMMA Mamma, jy wat taal op my tong geplaas het kleure in my oë geverf het ‘n storie in my ore geplant het ‘n dansie in my spore gesaai het blomme in my trane rangskik het ‘n gebed in my stem gevleg het Mamma… dis jou siel wat onder my vlerke in geblaas is jou […]