Ritme van genade
Ek het nie ‘n titel voor
of graad agter my naam nie,
is nie gechip
of geskouer deur vernaam nie,
dalk nie die mees berese of gelese
maar beslis opreg in my wese.
Ek is nie ‘to high to come by’
of daarop uit om onmin en haat te saai,
loop nie met my kop in ‘n wolk
of gebruik my tong as oordeelsdolk,
sal nooit neersien op ander mense
of hulle afbaken tussen grense;
want ek leef daagliks op ritme van genade
daarom kan ek ander seën met liefdesdade.
©Driekie Grobler
11 Kommentare
-
-
Pendoring beoordelaar 2
Baie mooi en op die man af Driekie
-
Francois Meyer
"ek leef daagliks op die ritme van genade" Treffend, en die slot is 'n perfekte koeplet ☺
-
Viooltjie
Goei eienskappe, Driekie, baie goed verwoord :-)
-
Callie Vermeulen
Pragtig Driekie... mooi afgeskop!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Sjoe Driekie dis pragtig, se presies wie en wat jy is! n Pragmens binne en buite!