Sandappelgeurtjies…
Ai, ek dink aan die speellekkerjare in my grysigheid se wordende ryp want sandappelgeure verstil die tyd en strooi verlange só wyd en so̒ syd. Hoor die gebons van my rietperd se hart as hy jou weerstand met minagting tart. Hoor ook hoe sag trap jou rietperd haar spoor en knyp vas om nie nou […]
~ Nirvana ~
Gedagtes lê soos ‘n oopgeslane boek in hierdie nirvana waar ek kwingkwang soek na jou silhoeët, na die wit van jou kneukels wat afwys teen die maan. Die lelies in my lyf ontplof en nag word ‘n kleurespel van sterrereën toe ek jou effe verskuil teen ‘n Kaapse geelhout sien leun. Miskien moes ek jou […]
Jy is hier
jou hande is berekend en ek wonder oor die omvang van binnesag dye wat dit al verken het elke versugting wat jy al bevredig het tydens middernagtelike swye (die gordyne staan vol geasem met die aandwind) ek absorbeer druppels olie uit jou hande slurp gretig om ‘n sewe jaar droogte teen my tong te les […]
Kaggel wyn
Die nag is warm en kleef aan my vel dis alleenheid se asem wat oor my moeë liggaam blaas en my hoendervleis laat uitslaan. Alleenheid. Ek is nie eensaam nie ek verlang net na jou. Oë toe probeer ek jou voel probeer ek jou weer ruik. Ek weet jy is weg. Weg. Daai weg wat […]