Menskardoes
Mengelmoes-menskardoes Ek was die nuwe generasie sprokiesprinses in wording volmaaktheid in vroulike mensvorm gegiet wat voluit kan leef en die lewe geniet die formidale vrou en ma waaroor almal sing. ‘n Vrou wat al die lewensfasette in harmonie bring professioneel ‘n kenner op haar gebied in totaliteit, haar lewe ‘n jubellied wat die volmaaktheid van […]
VASHOU
Ons het pas uit Sodom en Gomorra verhuis na die paradys. Dis nou van die ou Transvaal, iewers tussen Potchefstroom en Johannesburg, na die Wes-Kaap. Al was ons nog nooit beroof daar nie, hoor mens van soveel inbrake en kapings en rowe. Selfs moord. Dis genoeg om enige mens bewerig te maak. Tog het ons […]
Web
Web Vasgevang in ‘n genadelose web ‘n web van seer, pyn, rou en grou web drade wat die hele wese toespin ongenadiglik is die sielsrowende geveg geveg vir oorleweing, nie in die vlees tog diep vasgespin binne in die gees ‘n web wat weerstand bied teen die eie mens wat verlange na iets ontketen, iets […]
Skaduwee
Skaduwee My wese verkrummel, die stukke spat oor die sinne sinne van wesens wat trap op ‘n ander vir genot ‘n nuwe dag begin met ‘n nuwe bladsy, ek skryf more se bladsy is nog skoon, as hy oopmaak die gisters se blaaie, is klaar, ek het dit geskyf dit gelees, my keuse, kan ek […]
geradbraak
my gedagtes skuif knarsend oor englikaans wat ek na luister ektjoehillie dis nie te bêd nie iewentjoeallie sal ons daar kom my gedagtes staan stil dit aidil op een plek van skok of-kors izzit ‘n phokop man hoe kan jy so slêng en plên hulle praat konsistantlie so hulle ryp en knyp my taal klink […]
KRUIP-KRUIP
Dis April skoolvakansie. Na baie smeek en beloftes om ons deel elke dag te doen, het ma ingestem dat my liefde én Boeta se liefde, saam op vakansie mag gaan. Soos altoos voor enige vakansie, bak ma genoeg koekies en beskuit vir ’n hele koshuis. Verder word daar ook met geblomde Sungleam lap vir elke […]
Damaged goods
We are all damaged goods Ripped apart by sin and betrayal Shattered (all over) amongst iniquity Bleeding guts and sorrow We did each other no good Although we tried our best To fit the shoe Now the time has come To set the sails And sail to new horizons Seeking our own peace and harmony […]
Verbrande brug
Met woord, daad en kyk (so bitter onverskillig) het jou hand oor swael getrek en waar eens ‘n oorloop was vertoon nou stom-verbaas slegs ‘n hopie as met een enkel daad is ‘n leeftyd se vertroue geskaad met een enkel woord ‘n galg gehang vir finale dood met een enkel kyk het vrede ontwyk my […]
Versplinterde hart
Hoe lap mens ‘n versplinterde hart? Hoe haal mens ooit weer pynloos asem as fondasies verkrummel en alles uitmekaar spat? Hoe pas mens weer jou menswees in die holte van ‘n raam (waar jy eens veilig kon voel) as brokstukke die beeld nou verwrong? Onbewus die lont se wegbrand met oë vertroebel, verblind. Die vlam […]
Verdwaal
My verdwaal lê anderkant die naat van my denke die misplaas van soveel verwarde, verdraaide wenke die sif van kennis (oor jare versamel) en my eie toegeskulpte geskenke toegedraai en weggepak vir eendag se oopmaak maar êrens het ek verdwaal geraak tussen gister en nou op verkeerde spoor beland en nou lê ek gestrand. ©Driekie […]