HOOFLETTERS IN ROOI
HOOFLETTERS IN ROOI Die rooi hoofletters verwond haar teer gemoed. Dit voel asof daardie rooi skrif deur hul skoenlapperligte-verhouding sny. In die agtergrond is ‘n baba wat huil, ‘n kind wat skreeu en ‘n hond wat blaf. Die gedagte aan ‘n swak ma wees, lê vlak en rou. Dat rooi pigment, die nakomeling van gehidrateerde […]
Vat my terug
Vat my terug na die tyd toe ons saam kon staan Destyds, toe ék jou beminde was – Indertyd, toe jy ‘n krygsmag vir my sou verslaan Indertyd, toe net ék jou beminde was. Sien jy, die sekelmaan gaan steeds sy gang alomdeur die melkweg waar dit vonkeloog hang Daar, waar dit snags oor ons […]
Littetekens op my siel
Ek was 15 en swanger met die army uniform se kind (ers sou ek tydens die miskraam uitvind), Hy het by ons in die huis gebly, want hy wou nie nadat hy met die army klaar was, na sy eie disfunksionele huis teruggaan nie. Dit was ‘n fout, ons almal weet dit nou, maar dis […]
Binnevlug
Alleen by die huis winter somer eensaam in die donker gange vol vrees wat nagklanke herstil in die donker gange waar alles verdwyn in die donker gange met diknag kloue buite myself (met bloed op my hande en vuiste gebal) stap ek na môre stap ek verby gister stap ek ver weg deur velde vol […]
Sprokieloos
(goud) Sprokieloos rook en roet van vuur gaan nooit verby nie dis newels vasgevang onder hierdie sterrelose hemel waar reenboë nooit meer hang al kyk ons goed dis nêrens te vind (’n sprokie geketting in die hart van ’n kind) oë word dof en die duister verblind as ons reënboë ontbind ons volg elke nag […]
Hartseer liefde
hartseer liefde oor die algemeen huil kinders en is daar baie redes daarvoor as betowering van lewensvlinders onverwags bekoring verloor as harde houe op hul reën deur die wat hul moet liefhê waarheen verdwyn Sy seën waar is die plek waar liefde lê mishandeling misplaaste omgee “as dit seermaak weet ek het jou lief” hoe […]
Agterpraters
Agterpraters Eenmaal ongevlek vlam jou verhaal nou fletsend donkerswart geletsel kerf geeljaskind se bek jou kaal jou weggooihart versmoor in braaksel. Steeds draai ons aarde om en om en jy draai maar swygend saam die agterpraters – nou kamstig stom En ek? Ag Here – ek’t dan ook met die tong geslaan! © Barbara Smit […]
Op reis: Beplanning
Oor 8 slapies pak ek my kar. Ek alleen. Dan sal ek agter die stuur inklim en die sleutel draai. Die enjin sal aangaan met sy gewone brul. Die “rat” sal gemaklik van “P” na “R” gly (ja, ek ry ’n outomatiese kar, moenie my judge nie) en dan sal die wiele draai. Ek weet […]
waar was jy
Waar was jy mamma, toe ek my eerste tree moes gee toe ek onseker skaam die skool se stoep betree? Waar was jy mamma, toe my voetjies sag soos vlindervlerk Oor die dansvloer mozartritme gly my oë soekend in die skare na ‘n afwesige jy. Waar was jy mamma toe ek in pure onskuld my […]
STRIKVRAAG
Kan jy steeds snags in sy arms lê en my die vreugde van jou hart ontsê of kan jy regtig sê jou hart is myne al is jou liggaam aand vir aand nog syne? ©Anton Bosch 08/03/2019