Sprokieloos
(goud)
Sprokieloos
rook en roet van vuur gaan nooit verby nie
dis newels vasgevang
onder hierdie sterrelose hemel
waar reenboë nooit meer hang
al kyk ons goed
dis nêrens te vind
(’n sprokie geketting in die hart van ’n kind)
oë word dof en die duister verblind
as ons reënboë ontbind
ons volg elke nag die swart riviere
wat straat deur grys beton
en al sou ons loop
ontelbaar ure
die lig bly ons ontkom
tog laat ons onsself immer hier bind
al is ons storie ontsprokie, onmind
wil ons nog geluk en vrede hier vind
soek ons steeds die reënboogpunt
ons volg elke dag die swart riviere
ons kyk alom en om
hopend op ’n land van blou saffiere
biddend vir ’n brokkie son
© Carma Shaw
24 Maart 2019
9:45
Neologismes
1. ontsprokie
2. onmind – wat nie meer gemin word nie
BRONTEKS
Sprokie vir ‘n stadskind
Koos du Plessis
As die reën van stof en roet verby is
en die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
‘n neonboog verskyn
En kyk maar goed,
want as jy hom vind
vertel ek vir jou ‘n sprokie my kind,
van ‘n skatkis met ou kettings gebind
aan die neonboog se punt
Volg hom elke nag oor swart riviere
Oor kranse van beton,
as jy aanhou stap
tien duisend ure
sal jy dalk daar kom
Maar hier moet jy jou nimmer laat bind
want so lui die ou, ou sprokie my kind,
As jy geluk en vreugde wil vind
soek die neonboog se punt
Volg hom elke dag oor swart riviere
kyk nie eenmaal om
Dalk vind jy die land van blou saffiere
en dalk ‘n brokkie son
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2019 projek