styl
wie sou nou daaraan dink dat golwe stylvol op strand uitspoel spier wit strande ontvang hul deel daarvan verkleur soms met storms wat chaos skep maar herstel gereeld na wit skulp strande verder noord is daar swart klipstrande elke strand het ook sy eie musiek sagte musiek wat mens sus ander weer maal en kerm […]
versaking
skoon oop strande spierwit ongeskonde gelaat soos Vader dit maak elke nag se hoog water laat opdrifsels na laag water los gebreekte skulpies soms ontdek strandloper met dagbreek ruwe motor spore wat woeste kringe oor strande kerf seediertjies se huisies in sand verkrag dan krimp my hart ©Teárlach
Die man wat ek liefhet
Die man wat my liefhet slingerpad deur veld en gras en die fynbostakkies wat – net gister nog – sonder blomme was bloem welig in ‘n welkomsgroet. In die fluitsang van suikerbekkies klink ‘n blye weersiensroep oral waar hy ou bekende paadjies loop en – met sy hande – ryp sade van graspluime stroop. Die […]
afrika se gees
aardbewings rondom ons oos van ons ses punte op skaal wes van ons sewe punte op skaal suid van ons vyf punte op richterskaal afrika is geseënd – wag dalk op die ou grote wat sy hart van noord na suid in twee kan skeur slenkdal dalk vergroot in nuwe seeweg nuwe los kontinent gaan […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n liefdesbrief
My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer kyk […]
trappe
oral teen die see steek daar loopgange uit hout geboude loopgang-trappe soms spoel hoogwater dit weg meestal bly dit net daar lê gebou om mense te help makliker op strand en terug te kom so het elke huis trappe na boonste en ander vloere rykmanshuise wit torings vakansie verblyf eenvoudig maar effektief word geld gemaak […]
deel
meeue op strand deel dit met my en al die ander strandwandelaars golwe wat kom en gaan verstaan wat almal daar bymekaar bring feestyd vir ons wat seemusiek lief fisante sit hoogdrawend en bekyk hierdie besondere opera uitgevoer deur natuur en mense teenwoordig kraaie gil verbaas uit die boomtop eenkant op my duin sit my […]
hotel – stoep
donker oor die see vragboot ligte wink sundowner geskink misbanke verkleë uitspansel skitter sterrekykers geniet arme dronk-verdriet hotel stoep glinster oor die baai glinster ligte van dorpies verder noord filosowe dink vergesigte ©Teárlach