Lente van ’19
Dit was daardie mooiste seisoen toe ek kaperbriewe in my eie posbus wou los geseël met judas-soene en Lot se geloof maar meer as dit, wou ek migreer Noordwaards na my milieu terug na woestynsand en stof droë rivierlope en ander dinge wat my en my herkoms kon herenig dit was daardie September toe ek […]
Nagmerrie onder die Olmbome
Om in die bos te woon, was lankal ‘n taboe. Tog het Danni geen keuse gehad nie. Net haar tatoeëring het haar beskerm teen die monsters. Net haar ring het haar aan haar susters verbind. Op ‘n sekere punt het die bome genoeg verander dat selfs sy wat deel was van ‘n boom binne een […]
Grys Skakerings
‘Jy is nou een van hulle,’ fluister sy. Rillings vee oor my terwyl ek kyk na die trio wat in ons rigting grinnik. Ek wou dit nie glo nie. Tog … toe ek my oë toemaak, kon ek steeds alles rondom my sien, hoewel dit in grys skakerings was. ‘Wat gaan jy doen?’ vra Alyssa, […]
Mentorskap deur Lynelle Clark
My leespad het my al op heelwat interessante paaie gevat. Paaie van selfontdekking, avontuur, ‘n riller of twee en liefde. By elkeen leer ek iets nuuts, hetsy interessante brokkies van bekende plekke wat ek graag sou wou besoek soos Tuscany, Italië. In motiveringsboeke leer ek ‘n karaktertrek van myself wat ek nie voorheen oor duidelikheid […]
Die Dood en die tweede kans
Ek het haar doodgemaak. Jy hoef nie te wonder nie. Daar is geen raaisel, misterie of onoplosbare komplot nie. Ek het die pistool teen haar kop gedruk en die sneller getrek. Natuurlik nie sonder die nodige drama, trane en pleite nie. Daar was bloed orals. Soos ‘n rooi storm na ‘n droë winter. Dit het […]
Net ’n verlangversie
ek verlang na jou soos perlemoen aan rots wil klou soos branders oor die sand wil vee en verbonde met wit strande smee ek verlang na jou soos meeue van oop ruimtes hou soos ’n walvis na ’n oseaan en die vryheid om sy weg te baan ek verlang na jou soos malgasse wat net […]
Soos drome inpas
soos drome wil ek by jou inpas in die helfte van jou lag wil ek jou beleef deur jou drome wil ek hardloop in die nag soos wol inmekaar geweef in gedagtes soos drome inpas in die nag sal ek en jy nooit verkas wil ek eendag in die hemel vir jou wag waar ek […]
Vlooie op Roossenekal
“Vir wat krap jy so?” Marthinus het die antwoord geken. Maar hy wou hoor hoe sy dit sê. “Dis baie droog in die hitte. Seker maar ‘n droë vel…” Antwoord Elsa met die oortuiging van ‘n Arabier wat sand in die woestyn probeer verkoop. “Verkeerd.” Het hy emosieloos reageer. “Pak jou goed.” “Wat?” Die paniek […]
Wanneer die stof gaan lê
ver heen kyk ek by my venster uit staar na niks diep geraak in wese denke rol my gemoedere vol snydend sny die woorde ongegronde leuens spoel oor hul lippe saam gekloek en saam geskinder dink hul ek weet nie wat om my aangaan stoot gedagtes elke greintjie skets soos ‘n prentjie voor my oë […]