Jongste aktiwiteit:

Uiteindelik! Die geheim van ʼn lang en gesonde lewe

(Woordtelling : 658)

 

Morrie Markoff, was gebore op 11 Januarie 1914 en sterf aan ʼn beroerte op 3 Junie 2024. Sy naam mag dalk nie ‘n huishoudelike naam vir die Suid-Afrikaners wees nie, maar dit maak nie eintlik saak nie. Op 110-jaar was hy ten tye van sy afsterwe die oudste man in Amerika.

Dit is egter nie sy uitsonderlike hoë ouderdom wat hom so merkwaardig maak nie, maar eerder die feit dat hy geen neurologiese afwykings soos demensie of Alzheimer’s gehad het nie – siektes wat ons dikwels met hoë ouderdom assosieer. Voor sy dood het hy gevra dat sy brein vir navorsing aan die Brain Donor Projek geskenk word. Dit word erken as die oudste kognitief-gesonde brein wat nog ooit geskenk is. (https://braindonorproject.org/who-we-are/)

Om op ʼn hoë ouderdom nog so helder van verstand te wees, is iets wat baie min mense beskore is. Morrie en Bettie was 81 jaar getroud toe sy op 103-jarige ouderdom oorlede is. Hulle het grootliks ʼn vegetariese dieet gevolg, kitskos en gaskoeldrank vermy en selde alkohol gebruik. Selfs gekoopte koekies was ʼn rariteit in hul huis. Hulle het nooit gebottelde water gebruik nie en het kraanwater gedrink. Die gebruik van plastiek is in elk geval oor die algemeen vermy, juis weens die gesondheidsgevare daaraan verbonde. Morrie was ʼn roker wat na dertig jaar opgehou het nadat hy keelkanker gekry het.

Ten tye van sy dood was Morrie nog ʼn aktiewe blogger, die oudste ter wêreld. Hulle was reeds diep in hul 90’s toe hulle steeds naastenby 5 km (3 myl) per dag gestap het. Beide Morrie en Bettie het ʼn houding van leergierigheid gehad en het in ʼn verskeidenheid onderwerpe belanggestel, veral in die wetenskap.

Morrie het na Graad 8 skool verlaat en in Kalifornië as masjinis en verkoopsman gewerk. Hy het in politiek belanggestel en graag ander lande besoek. Nie alleen was hy ernstig oor sy eetgewoontes en gesondheid nie, maar hy was ook ʼn baie kreatiewe persoon. So het hy op ʼn dag ʼn toilet reggemaak en uit die afval metaal ʼn beeld van ʼn ballerina geskep. Tesame met sy skryfwerk het hy ook foto’s van hierdie metaal kunswerke op sy blog geplaas. Op die ouderdom van 103 publiseer hy ʼn memoir, “Keep Breathing: Recollections from a 103-year-old”, en was ten tye van sy afsterwe besig om aan sy volgende boek te werk.

Ter viering van sy 100e verjaardag het die Red Pipe Gallery in Chinatown in 2014 sy kunswerke en foto’s van sy reise uitgestal. Morrie word oorleef deur sy vyf kleinkinders, twee agterkleinkinders, en sy 83-jarige dogter.

When you reach the age of 100, suddenly, even if you did nothing notable, you are a celebrity. Friends, even longtime ones, neighbours and strangers look at you differently. You see and feel it. When perfect strangers find out, they shake your hand, as if, by osmosis, you can transfer the secrets of long life to them.” “Keep Breathing: Recollections from a 103-year-old,” by Morrie Markoff https://morriemarkoff.wordpress.com/

Niemand weet wat vir hom voorlê nie. Niemand weet hoe lank hy gaan leef en hoe gesond hy ten tye van sy afsterwe sal wees nie. Tog het ons wel ʼn mate het ons beheer daaroor, want ons elkeen kies hoe ons leef en watter gewoontes ons in stand hou. Alhoewel daar gesê word dat die wetenskaplikes nie werklik weet wat demensie en Alzheimer’s veroorsaak nie, speel dieet ʼn groot rol in die gesondheid van jou brein. ʼn Dieet met ʼn hoë vetinhoud versmoor letterlik jou breinselle. ʼn Lewensstyl met min fisieke- en verstandelike oefening is net so sleg vir jou algehele gesondheid. Dit is nie net wat jy by jou mond insteek nie, maar ook jou gedagtes en gewoontes wat jy in stand hou.

Wees bewus van jou eetgewoontes, hoe jy jou ure verwyl en selfs watter oortuigings jy onbewustelik in stand hou. Goeie gesondheid hang nie net af van dit wat jy by jou mond insteek nie, maar ook jou gedagtes en (onverwerkte) emosionele toestand.

 

https://people.com/oldest-man-dies-110-donates-brain-to-science-morrie-markoff-exclusive-8666288




Hier's ek weer, Hier's ek weer, Met my storie voor jou deur....

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed