Vang die oomblik vas
Vang die oomblik vas …
Hoe weet ek dan
Of dit die oomblik was
Dis verby, dis gedaan
Vang die oomblik vas …
Laat dit jou nie ontwyk
Dis rondom jou, kyk
Daar waar dit altyd was
Vang die oomblik vas …
wat geld nie kan koop
oral waar ons loop
loop ons in die oomblik vas
altyd daarin toegevou
gryp dit, voel dit, daar in jou
©Wilhelmina Potgieter
3 Kommentare
-
Arnold
So vra ons maar almal of dit die regte oomblik is, dan is dit neusie verby. Goed neergepen. Loer gerus hier onder die afdeling, “Carpe Diem” (Gryp die oomblik) – Sonnet
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Carpe diem projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Wilhelmina
Ek weet nie of dit ’n sonnet is nie. Weet nie baie van die digkuns nie. Help my asseblief reg. Ek hou van opbouende kommentaar. So leer ek graag.