Jongste aktiwiteit:

Winterhart

Winterhart

as winter in jou hart kom lê
koue jou emosies omklem
jou laaste bietjie wil gevries

die een voet voor die ander
iewers in die lug bly hang
hoop in die mistigheid kwyn

swaar van elke opstaan
jou knieë wil bly knak
krag vir veg jou ontwyk

jou moeë gees bly wankel
worstelvrae jou bly teister
wat ís die winter se doel?

in jou gees se koue klem
kom lê sy Woorde warm
rus my kind, word nou stil

EK bring vir jou warmte
lewe in ‘n koue moeë hart
EK verdryf die twyfelvrae
weet, jy is nooit alleen

©Marianne Buys
7 Junie 2021 08:27




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed