Jongste aktiwiteit:

Winterliefde

Winterliefde (met erkenning aan Winternag – Eugene Marais)
O koud is jou liefde
en kaal.
My rolbos haak
seer aan jou kraal.
Dit is dood soos winterboomtakke
en leeg soos weggooistreepsakke.
Jou hart is weggooitrui verrek.
In jou sagpraatstem se bekende plek
maalkolk die pyn
wat my in ‘n Ingrid-see in trek.

O treurig hang
die klank in die lug
en saam met myne
klink die heelalsug
wat diep uitskeur
en nog dieper treur.
Die pad voor my
lê sonder kleur!

Lorraine Smit
2019

NEOLOGISMES:
 winterboomtakke
 goedkooptrui
 sagpraatstem
 heelalsug
 Ingrid-see

BRONTEKS
Winternag – Eugene Marais
O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
le die velde in sterlig en skade
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk’ grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak