Soos Spoelklippies
Soos Spoelklippies My liefde omvat die totale mens in voorkoms en hoedanighede daarom kan ek nie die gestalte dissekteer en elke liggaamsdeel en eienskap afsonderlik besing nie maar ek aanvaar en bemin die hele aanneemlike pakket voetstoots gebreke en voortreflikhede en al, want die lewe slyp die ongelykhede geleidelik glad soos spoelklippies op die rivieroewer […]
Welkom in die Vuil-Driehoek
Wikipedia beskryf die Vaaldriehoek as ‘n groot driehoekige industriële gebied in Suid-Afrika wat deur Vanderbijlpark, Vereeniging en Sasolburg gevorm word. As gevolg van die swaar nywerhede in en rondom die Vaaldriehoek is die gebied berug vir besoedeling. Om hierdie rede word die gebied soms die “vuil-driehoek” genoem. Vir om-en-by twintig jaar geniet ons as gesin […]
Hierdie Herfs
Hierdie herfs Paasnaweek is vroeg hierdie jaar. Maar, nie vroeg genoeg om die aankondiging van Herfs te ontwyk nie. Sommige slimmes vertel dat Winter die einde van die seisoene is en dat Herfs die vooraand van daardie einde is … Soos vandag die vooraand van ons Verlosser se lyding is. Hoe asembenemend is die besef […]
Wat is ‘n huis sonder ‘n Moeder
Wat is ’n huis sonder ’n Moeder In my Ouma se huis in Johannesburg was daar in die sitkamer ’n pienkerige porseleinbordjie teen die een muur met die woorde: “Wat is ’n huis sonder ’n moeder”. As ek reg onthou, dan het daar in ’n tante of ’n verlangse familielid ’n langwerpige geraamde plakkaat met […]
Die Ware Ek
Die Ware Ek Kul jou hier, kul jou daar, wat julle sien is nie ek maar bloot ‘n fassade waaragter die ware ek incognito skuil, ‘n skaduskim sku vir skerp lig se blootstelling— Janetta – Helena [ Babs] ©
Hoe lag ek nou!
Hoe lag ek nou! Twintig jaar en twee hande vol maande gelede, toe die wêreld nog wild en vry was en my borskas nie deel van my maag was nie, het ek en mevroutjie ’n troue saam met my ouers bygewoon. Aangesien ek nie die mense kan onthou nie en die bruidspaar heel moontlik ook […]
Skryf iets positiefs
Skryf vir ons iets positief Iemand wat ek ken stel die ander dag voor dat ek iets positiefs moet skryf. Deur die klompie jare wat ek die lus en leef van die griffel van gedagtes en gevoelens en ervarings as perdjie sonder stok beoefen, kon ek nog nooit my gedagtes regtig so ver kry om […]
Voor my in die klas
Voor my in die klas Jy staan voor my in die klas by jou tafel, met jou moedertaal … Die hele deurmekaarspul en debat oor taalregte in onderrig, klasgelde en klipgooiery deur ongelukkige studente, is nie eintlik vir my ’n steurnis nie. Dit skeel my min of die lot wat die strydbyle opneem om Afrikaans […]
Ons groet mekaar nie meer met ‘n soen nie
Ons groet mekaar nie meer met ‘n soen nie Is daar rede in die kerke van ons tyd se debat oor wie mag en wie nie kan nie? Was daar rede in die briewe wat Paulus aan die nuwe gemeentes geskryf het? Was elke brief nie tóg geskryf met ’n spesifieke gehoor en ’n spesifieke […]
Die Paradoks
Die Paradoks Ek is ‘n lewenslange gevangene van my eie herkoms en vrywillig onderworpe aan die tradisies ingebed in my gene, ‘n etos afkomstig van eeue oue beskawings uit Dietse volke wat onherroeplik en trots deur my are vloei— Die paradoks is ek voel vry in my gevangenskap en leef my ideale talente en emosies […]