Verstringel in jou
Verstringel in jou lê die toue van liefde Meegesleur deur die sout van die see Die trane vermors op die glim goud sand Het jou lief hê sommer so vir die lewe verpand Wat is die waarde van n hart in twee Waaroor sal ek die pyn vryheid gee Lewe net voort asof niks verkeerd […]
Deesdae se vrae (Onbeantwoord)
Geen gedagte-stilte is meer in my mal kop te bespeur wanneer jou stem knus lepel in my oor kom lê. Ek het weer op planete begin wens die melkweg se sterre getel want deesdae is daar baie gekromde uitroeptekens saam al die ander wat kordaat regop staan om hartjies langs jou naam te spel. Wonder […]
Lewe van Niks
Hoor jy ook die klank van niks, met die wind wat jou ore wiks? Sien jy die muskiete om die sterre soos gedagtes iewers in die verre? Voel jy die eensaamheid van niks en daardie lus vir ‘n lewe van niks? Droom jy drome van vergane jare en soek jy na ‘n vergete gedagte? Skrik […]
Eendag, lank terug.
Daar is ‘n stemmetjie wat my vermaan, waarom bly jy dan net daar stom staan? Môre, as die maan in stilte ondergaan, sal jy ook nie meer vir haar bestaan. Nou moet ek eens en altyd man staan en vir jou neem in ‘n wilde wentelbaan, met ‘n mag wat net ons kan verstaan, wil […]
Resensie: Die film, Soos die vader so die seun.
Wat soms gebeur, nie dikwels nie, is dat in die bes-gereëlde geselskappe, ook in die bes-gereëlde inrigtings in ‘n geselskap, ‘n fout ontstaan. Ewe in ‘n hoogs-industrialiseerde, higiëniese volk met ‘n hoë vlak van opvoeding soos in Japan kan dit gebeur dat twee kinders in ‘n geboortekliniek per abuis uitgeruil word. Dit gebeur in die […]
HELP MY VERSTAAN
HELP MY VERSTAAN My kind kyk TV – Engels. Ma, hélp my verstaan! Ek kyk die lewe – onverstaanbaar. Here, help my tog verstáán!
‘N HANDVOL WIND
‘N HANDVOL WIND Die lewe gaan so gou verby, en wat het ons gekry? ‘n Stukkie lint. ‘n Handvol wind. Wees dankbaar vir die lint. Maar vir die wind – wat sal ek sê, my kind? En tog – ons almal kry wel iets. Soms is dit iets uit niets.
Gedagtelose strande
In gedagtelose oomblikke Poison Ivy jy om die golwe in my brein vat jy my hand mosselskulp dit toe in joune wys jy my jou droomland se strand vat my sagkens om my middel daar waar my rug soepel buig dan lei jy my jou seestrome in jy, my meerman en ek, jou meermin.
Ek Sing En Ek Dig
Ek Sing En Ek Dig Ek sing oor die liefde, ek dig oor die liefde, ek het so baie dinge lief maar my beminde is enig— Ek is lief vir die lewe vir elke nuwe dag se sonskyn en maanskyn mooiweer of slegte weer— Solank ek lewe is ek lief vir elke asemteug van genade […]
Elkeen ‘n legkaart
Elkeen van ons, grys of in dons besit glashelder voorbeeld – volmaak onder drukpers van Skepper se ambeeld Van embrio tot die dood skommel en rangskik ons soek eerstens ‘n raamwerk uit met alle stukkies tog ontbloot Soos ons in harwar pas en meet horisontaal, vertikaal maal kruip die vrees om dalk te faal – […]